17:30 Sport - 22 August 2017

Loading player...
Die Springbok-flank, Jaco Kriel, het gewaarsku van 'n Argentynse-terugslag wanneer hulle die naweek die Poemas in Salta aanpak. Die Springbokke het hul Suid-Amerikaanse eweknieë oortuigend met 37-15 in Port Elizabeth verslaan en dit het daartoe gelei dat die span tot 4de op die jongste Wêreldrugby-ranglys geklim het. Byna presies 'n jaar gelede het die Springbokke 26-24 op dieselfde veld in Salta vasgeval.

Die Bloemfontein Celtic-doelskieter, Tshegofatso Mabasa, is nie beskikbaar vir môreaand se Premiersokkerliga-kragmeting teen Golden Arrows nie. Die nuwe Bafana Bafana-speler het Saterdag sy internasionale buiging gemaak, maar is egter nie in die span vir die Afrikabeker-kwalifiseerder teen Cape Verde nie. Celtic het hul PSL-veldtog goed begin toe hulle Sondag punte met Kaizer Chiefs gedeel het.

Die Bloemfonteinse langafstandatleet, Kesa Molotsane, is bykans verseker van die nagenoeg R175 000-prysgeld asook die 2017 Spar Grand Prix-titel. Molotsane het oor die naweek 10 bonuspunte ingepalm toe sy die Pietermaritzburg-been van die Vroue 10km Uitdaagreeks gewen het. Dit het die Suid-Afrikaanse landloopkampioen van ‘n bykans onaantasbare voorsprong in die reeks verseker met 137 punte, 21 meer as Irvette van Zyl.
22 Aug 2017 11AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

The Central University of Technology (CUT)

The Central University of Technology (CUT) and the Student Representative Council (SRC) have reached an agreement to end the protest action at the Welkom Campus
20 Apr 9AM 1 min