OB gevra om VS-munisipaliteit te ondersoek

Loading player...
Die DA in die Vrystaat het die Openbare Beskermer gevra om die Mafube-munisipaliteit – wat Frankfort, Villiers en Tweeling insluit – te ondersoek. Dié munisipaliteit is verlede maand deur die provinsiale departement van samewerkende regering en tradisionele sake onder administrasie geplaas. DA-LPW Mariette Pittaway sê die munisipaliteit het egter intussen tot ‘n totale stilstand gekom terwyl sy uitstaande skuld aan Eskom, die nasionale departement van Water en Sanitasie en die mediese- en pensioen fondse van werkers ophoop. Die hoof van die Vrystaatse departement van samewerkende regering en tradisionele sake, Mokete Duma, sê die departement help op die oomblik om werkers se salarisse te betaal en om die administratiewe proses in te stel.
22 Jun 2017 11PM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Lt Col Thabo Covane

Lt Col Thabo Covane praat oor die verdagte wat aangekeer tydens polisie-operasie vroegoggend met renosterhorings en diamante
20 Jan 8AM 1 min