11 mense al vandeesmaand op plase in SA vermoor

Loading player...
Altesaam 11 mense is vandeesmaand al op plase oor die land heen vermoor. AfriForum se nuutste syfers, wat self deur dié organisasie ingesamel word, toon daar was sedert 1 Februarie tot vandag reeds 31 aanvalle op plase in Suid-Afrika. AfriForum se Ian Cameron sê gemeenskappe sal hulself en hul eiendom self moet verdedig, want daar kan nie op die regering staatgemaak word om dit te doen nie.

Cameron sê in die nuutste aanval is 'n boer en sy vrou gister op hul plaas by Derby in Noordwes deur vier rowers aangehou. Die polisie se Amanda Funani sê Hannes Harmse is gisteroggend deur rowers by 'n hek op sy plaas oorval. Hulle het hom in die plaashuis ingedwing. Die egpaar is vasgebind. Hulle is nie ernstig beseer nie. Die rowers het met vuurwapens, 'n onbekende bedrag geld, juwele en selfone vermoedelik te voet op die vlug geslaan. Nog niemand is in hegtenis geneem nie.
15 Feb 2017 1AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

David Edward Janse van Vuuren

David Edward Janse van Vuuren, the DA Chairperson of Public Works and Infrastructure in the provincial legislature
22 Apr 9AM 1 min

Werner Pretorius

Werner Pretorius, a Democratic Alliance (DA) member and mayoral candidate for Mangaung
22 Apr 9AM 1 min