Aanvalle op voedselprodusente is barbaars: VL

Loading player...
Vrystaat Landbou (VL) het die aanval op 'n bejaarde boer en sy vrou van Luckhoff gister helder oordag ten sterkste veroordeel. Dit kom nadat die 75-jarige Rudolf Van Heerden en sy 70-jarige vrou Aletta omstreeks 12:30 in hul plaashuis aangerand, vasgebind en beroof is deur twee mans. Vuurwapens, 'n onbekende bedrag geld en selfone is gebuit. Die rowers het met die egpaar se Toyota Corolla op die vlug geslaan. Die gesteelde motor se wrak is gistermiddag verlate by die Havenga-brug in die rigting van Petrusville in die Noord-Kaap gevind. VL se Tommie Esterhuyse sê die Van Heerden-egpaar is nie ernstig beseer nie en het behandeling in 'n plaaslike kliniek ontvang. Hy sê daar word nou saamgewerk met die polisie om plaasaanvalle en -moorde op voedselprodusente en hul werknemers te stop.

Nog niemand is in hegtenis geneem nie.
26 Jan 2017 10PM English South Africa News · Business

Other recent episodes

David Edward Janse van Vuuren

David Edward Janse van Vuuren, the DA Chairperson of Public Works and Infrastructure in the provincial legislature
22 Apr 9AM 1 min

Werner Pretorius

Werner Pretorius, a Democratic Alliance (DA) member and mayoral candidate for Mangaung
22 Apr 9AM 1 min