Poppie-moord: Stiefpa probeer selfmoord pleeg

Loading player...
Kobus Koekemoer, wat glo sy driejarige stiefdogter, Poppie op ’n plaas naby Mamogaleskraal buite Brits doodgeskop het, het probeer selfmoord pleeg terwyl hy in aanhouding was. Noordwes-polisiewoordvoerder, Pelonomi Makau, sê Koekemoer is verlede week Donderdag in die hospitaal opgeneem nadat hy sy polse met 'n lemmetjie gesny het. Hy sou vandag, saam met sy vrou, Louisa, in die Brits-landdroshof verskyn het om opnuut vir borgtog aansoek te doen. Albei is reeds vroeër borgtog geweier. Makau sê Koekemoer is in 'n stabiele toestand, en ontvang berading in die hospitaal.

Makau sê dit is nog onseker of Koekemoer wel in die hof gaan verskyn, want hy is nog in die hospitaal. Poppie het op die hoewe saam met Kobus, haar ma, en haar boetie gewoon.
24 Jan 2017 11PM English South Africa News · Business

Other recent episodes

David Edward Janse van Vuuren

David Edward Janse van Vuuren, the DA Chairperson of Public Works and Infrastructure in the provincial legislature
22 Apr 9AM 1 min

Werner Pretorius

Werner Pretorius, a Democratic Alliance (DA) member and mayoral candidate for Mangaung
22 Apr 9AM 1 min