Aanklagte teen Bloemfonteinse ma en dogter teruggetrek

Loading player...
Aanklagte teen 'n Bloemfonteinse vrou en haar dogter, wat glo saamgesweer het om ‘n vrou te vermoor, is vandag in die plaaslike landdroshof teruggetrek.

Charmaine en Charndrei le Roux het glo hul tuinwerker Jerry Brummer gehuur om Karen Buschow, eienaar van ‘n plaaslike skool, te vermoor nadat Charndrei onder ‘n donker wolk by die skool bedank het. Buschow is in Junie verlede jaar oorval en vermoedelik met ‘n klip aangerand terwyl sy in Dan Pienaar gedraf het.

Aanklagte van poging tot moord, roof met verswarende omstandighede en sameswering tot moord teen Charmaine en Charndrei is teruggetrek.

Brummer sal egter weer op 15 Maart in die hof verskyn op daardie aanklagte.

Intussen sê die Le Roux-familiewoordvoerder, Anna-Marie van Zyl, dat hulle oorstelp is van vreugde.
18 Feb 2016 2AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Masego Mosala on Women in Technology and AI Opportunities

Siyakholwa Mbatyazwa speaks to Cloudera Solutions Engineer Masego Mosala about the challenges facing women in technology, the importance of mentorship and career progression, and the opportunities emerging through artificial intelligence.
1 Sep 5AM 15 min