DA verwerp Zuma se Nkandla voorstel

Loading player...
Die DA het president Jacob Zuma se voorstel dat hy 'n gedeelte van die geld wat aan sy Nkandla woning bestee is sal terugbetaal, verwerp. Die DA-leier, Mmusi Maimane, het vanoggend op 'n nuuskonferensie gesê die party sal voortgaan met sy Grondwethofsaak teen Zuma. Zuma se regsverteenwoordigers het laat gister in 'n brief aan die Grondwethof gevra dat die hof 'n konsepvoorstel goedkeur ingevolge waarvan die Ouditeur-Generaal en die minister van Finansies bepaal hoeveel hy moet terugbetaal vir opgraderings aan sy privaatwoning. Dié stap is gedoen 'n week voor die DA en die EFF se saak oor die Nkandla-kwessie op 9 Februarie in die Grondwethof aangehoor word en twee jaar nadat die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela in haar verslag aanbeveel het dat Zuma 'n gedeelte van die geld moet terugbetaal.
3 Feb 2016 2AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Masego Mosala on Women in Technology and AI Opportunities

Siyakholwa Mbatyazwa speaks to Cloudera Solutions Engineer Masego Mosala about the challenges facing women in technology, the importance of mentorship and career progression, and the opportunities emerging through artificial intelligence.
1 Sep 5AM 15 min