Agriskoops - 23 November 2026

Loading player...
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Riaan van Zuydam by die maatskappy Limagrain, wat by die maatskappy verantwoordelik is vir mielieprodukontwikkeling. Hy verduidelik hoe Limagrain Field Seeds se kultivars ontwikkel word om boere te help om seisoenale risiko's te bestuur. Hy bespreek ook hoe boere hul risiko kan versprei deur hul keuse van kultivars, veral as die seisoen uiters droog sou word, en waaraan hulle moet dink wanneer hulle wit mieliesaad vir hul plase kies.
23 Nov 12AM Afrikaans South Africa Daily News · Nature

Other recent episodes

Agriskoops - 25 November 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die streeksbestuurder by iMPAC Cropsure, Angelique Botha. Sy gee is oorsig oor iMPAC Cropsure en wat hulle bied binne die landbousektor in terme van oesversekering. Sy verduidelik verder hoekom oesversekering belangrik is en hoe iMPAC Cropsure landwyd beskikbaar is.
25 Nov 1AM 5 min

Agriskoops - 24 November 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met dokter Gerhard Verdoorn. Hy is die bestuurder van CropLife SA se produkverantwoordelikheids-organisasie. Hy gesels oor die verantwoordelike bestuur, verpak en gebruik van plaagdoders op jou plaas.
24 Nov 12AM 5 min

Agriskoops - 20 November 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die bemarkingsbestuurder by Design Biologix, Carlo Smuts. Hy vertel meer oor die maatskappy en wat hulle boere bied. Hy gee ook ʼn oorsig van watter siektes hulle tans waarneem en deel advies vir boere oor die voorkoming van hierdie siektes.
20 Nov 12AM 5 min

Agriskoops - 19 November 2026

Op vandag se Agriskoops luister ons na ʼn gesprek deur die uitvoerende direkteur van Saai, doktor Theo de Jager Hy deel meer oor die lede van Saai en wie almal deel is van die organisasie in die belang van georganiseerde landbou in Suid-Afrika en Afrika.
19 Nov 1AM 5 min

Agriskoops - 18 November 2026

Op vandag se Agriskoops luister ons na ʼn gesprek deur die hoofbestuurder van TLU SA, Bennie van Zyl. Hy gesels oor die belangrikheid van georganiseerde landbou. Hy verduidelik hoe TLU SA deur ʼn baie lang geskiedenis gefokus het op georganiseerde landbou sodat boere met ʼn kollektiewe stem kan praat om…
18 Nov 12AM 4 min