Woord vir Vandag - 27 Nov 2026
Loading player...
“…wie aanhou om in My te glo, sal ook die werke doen wat Ek doen; hy sal selfs nog groter dinge as dit doen…” Johannes 14:12 NLV
Die Here glo in jou (1)
‘n Skooldistrik het drie onderwysers gekies om ‘n spesiale program aan te pak. Daar is vir hulle gesê: ‘Julle is die beste onderwysers wat ons het. Ons wil hê julle moet negentig leerlinge wat goed presteer onderrig en kyk hoeveel hulle in ‘n jaar kan leer.’ Teen die einde van die skooljaar, nadat hulle ‘n jaar lank gehoor het hoe spesiaal hulle is en watter groot potensiaal hulle het, het hierdie studente 20 tot 30 persent meer as die res van die skooldistrik bereik. Dit is toe dat die skoolhoof die drie onderwysers na sy kantoor roep en vir hulle sê: ‘Ek moet iets bely. Julle het nie negentig leerlinge wat vooraf goed presteer het in julle klas gehad nie. Hulle was gewone studente wat ewekansig gekies is.’ Die onderwysers het steeds redelik goed gevoel oor wat hulle reggekry het. Toe sê die skoolhoof: ‘Ek moet nog iets bely. Julle is nie die beste onderwysers wat ons het nie. Julle name was die eerste drie wat ek uit ‘n hoed getrek het.’ Hoe het hulle dan as gemiddelde studente wat deur gemiddelde onderwysers onderrig is, sulke bogemiddelde resultate behaal? Omdat iemand in hulle geglo het en dit vir hulle gesê het! Die Duitse digter Goethe het gesê: ‘Treat a man as he is, and he will remain as he is. Treat a man as he can and should be, and he will become as he can and should be.’ Niemand is ‘n beter voorbeeld hiervan as Jesus nie: ‘…wie aanhou om in My te glo, sal ook die werke doen wat Ek doen; hy sal selfs nog groter dinge as dit doen…’ Ons het iemand nodig wat meer in ons glo as wat ons in onsself glo. Dis wie Jesus is en wat Hy doen. Daarom moet jy elke dag sy Woord inneem.