Woord vir Vandag - 26 Nov 2026
Loading player...
“…Hou by die paaie van die regverdiges.” Spreuke 2:20 NLV
Kies jou vriende met oorleg
In sy boek, The Mind of Watergate, vertel die psigiater Leo Rangell van wat hy ‘n ‘kompromie van integriteit’ noem. Dr Rangell het die verhoudings tussen die voormalige president Richard M. Nixon en verskeie van sy naaste vertrouelinge in die Withuis, ontleed. Hy het ‘n gesprek tussen die ondersoekkomiteelid senator Howard Baker en ‘n jong Nixon-medewerker, genaamd Herbert L. Porter, opgeneem. Baker: ‘Het jy ooit enige bedenkinge gehad oor wat jy doen? Het jy ooit daaraan gedink om te sê: ‘Ek dink nie wat ons doen is heeltemal reg nie?’’ Porter: ‘Ja, ek het.’ Baker: ‘Wat het jy daaraan gedoen?’ Porter: ‘Ek het niks daaraan gedoen nie.’ Baker: ‘Hoekom nie?’ Porter: ‘In alle eerlikheid, was ek waarskynlik te bang vir die groepsdruk wat sou volg en om nie as ‘n spanspeler beskou te word nie.’ Daar is niks daarmee verkeerd om ‘n spanspeler te wees nie, solank jy versigtig met die keuse van jou span is! Die geselskap wat jy kies, beïnvloed wie jy word. Die psalmdigter Dawid het gesê: ‘Ek is ‘n vriend vir almal wat U dien, vir elkeen wat u bevele gehoorsaam’ (Psalm 119:63 NLV). Salomo het baie oor hierdie onderwerp te sê gehad: ‘Loop jy liewer op die pad van goeie mense. Hou by die paaie van die regverdiges’ (Spreuke 2:20 NLV). ‘Hy wat met wyse mense meng, verkry self ook wysheid. Meng jou met dwase en jy word self soos hulle’ (Spreuke 13:20 NLV). ‘Moenie dieselfde pad loop as goddelose mense nie. Bly weg van die pad van boosdoeners’ (Spreuke 4:14 NLV). Die vriende wat jy kies sal die rigting wat jou lewe inslaan diep beïnvloed, kies dus jou vriende met oorleg.