Woord vir Vandag - 25 Nov 2026

Loading player...
“Hy het al die siektes gehad wat ons eintlik moes gehad het. Hy het die pyn ervaar wat ons eintlik moes ervaar het…” Jesaja 53:4 DB
Glo God vir jou genesing
As jy met siekte te doen kry en God vir genesing glo, is die volgende die belangrikste wat jy kan doen: verdiep jouself in God se Woord en verdiep sy Woord in jou. ‘Met ‘n woord het Hy hulle genees…’ (Psalm 107:20 NLV). Daar is genesing in die Woord van God, week dus jou gedagtes daarin. Jy wil dalk langtermyn gesondheid en liggaamskrag hê. Een van die kragtigste verse in die Skrif, wat die doel van Jesus se lyding soos dit verband met genesing hou openbaar, is Jesaja 53:4 (DB): ‘Hy het al die siektes gehad wat ons eintlik moes gehad het. Hy het die pyn ervaar wat ons eintlik moes ervaar het…’ Hy het elke vorm van siekte op Homself geneem en gedra. Dit beteken nie dat ons nie siekte sal ervaar nie. Dit beteken egter wel dat wanneer siekte te voorskyn kom, ons dit na Jesus kan neem en Hom vir ons genesing kan glo. Dit is duidelik dat God nie die bron van siekte in jou lewe kan wees nie, want Jesus het alle siekte, swakheid en pyn vir jou aan die kruis gedra. Hy is die bron van jou genesing! Siekte is die gevolg van Satan se werk en van die lewe in ‘n gevalle wêreld. As gelowige het jy egter die reg om met vrymoedigheid op God se beloftes vir jou genesing en volgehoue krag te staan. Wanneer siekte sy verskyning maak en jou met simptome van enige aard begin aanval, herinner jouself dat Jesus daardie lyding namens jou gedra het sodat jy dit nie self hoef te dra nie. Dieselfde rug wat die kruis gedra het wat al ons sondes wegneem, het ook die wonde gedra wat al ons siektes wegneem: ‘…Deur sý verwonding is julle genees!’ (1 Petrus 2:24 NLV).
20 Oct English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min