Woord vir Vandag - 24 Nov 2026
Loading player...
“… as iemand dien, laat hom dit doen na die vermoë wat God gee, sodat God in alles verheerlik kan word…” 1 Petrus 4:11 KAB23
Beskou jou werk as jou roeping
Iemand het jou dalk aangestel om jou werk te doen, maar hulle het jou nie geroep nie. Slegs God kan jou roep. Jy is dalk verkies tot jou posisie, maar jou kiesers het jou nie geroep nie. Slegs God kan dit doen. Maak nie saak waar jy werk of wat jy doen nie, jy is deur God geroep. Dit beteken dat op ‘n Maandagoggend nog ‘n week van die vervulling van jou Godgegewe opdrag begin. Miskien het jy pas daar begin werk en probeer jy nog om ‘n lae profiel te hou. ‘Die werk wat nou aan die gang is, lyk miskien klein en nie waffers nie. Maar moenie die waarde daarvan onderskat nie…’ (Sagaria 4:10 DB). Terwyl jy werk, werk God in jou. Jy moet die regte perspektief inneem. Dis nie jou werk nie; dis God se werk. Dis nie jou saak nie; dis God se saak. Dis nie jou besigheid nie; dis God se besigheid. Dis nie jou visie nie; dis God se visie. Dit maak nie saak in watter area van die samelewing jy werk of waar jy op die organogram is nie. Jy word deur God geroep. Jy is waar Hy wil hê jy moet wees - selfs al is jy nie waar jy wil wees nie. Soms is die grootste getuienis om ‘n goeie taak by ‘n slegte werk te doen, of om ‘n ondankbare werk met ‘n dankbare hart te doen. Hier is ‘n belofte waarop jy elke dag kan staan terwyl jy jou werk doen: ‘Die oppermagtige Here het my geleer sodat ek dié wat moeg is moed kan inpraat. Elke môre maak Hy my wakker en leer my luister soos dit ‘n leerling betaam’ (Jesaja 50:4 NLV). Beskou dus jou werk as jou roeping.