Woord vir Vandag - 23 Nov 2026

Loading player...
“Selfs al val ‘n regverdige mens sewe keer, hy sal elke keer weer opstaan…” Spreuke 24:16 NLV
Deur God se genade kan jy weer opstaan
Die verskil tussen sukses en mislukking is dikwels die vermoë om een keer meer op te staan as wat jy geval het! Moses kon maklik opgegee het. Sy gesin moes hom wegsteek, hy het by ‘n pleeggesin grootgeword, ‘n kriminele rekord gehad, hy het gehakkel en ‘n humeur gehad wat hom uiteindelik daarvan sou weerhou om die Beloofde Land binne te gaan. Toe God hom egter geroep het om Israel uit Egipte te lei, het hy daartoe ingestem. Josua het die Beloofde Land binnegegaan, maar sonder dat hy skuld daaraan gehad het, is hy eers gedwing om veertig jaar lank in die woestyn rond te swerf. Hy kon in moedeloosheid tou opgegooi het, maar hy was bereid om te gaan waar God hom gesê het om te gaan. Petrus het begin sink terwyl hy op die water probeer loop het, is deur Jesus bestraf omdat hy Hom probeer voorsê het wat om te doen en het selfs ontken dat hy die Here ken. Hy kon homself maklik as ‘n hopelose mislukking gesien het. Nadat hy egter in die bovertrek met die Heilige Gees gevul is, het hy gepreek en drieduisend mense in een dag vir Christus gewen. Uiteindelik het hy ‘n leier in die kerk geword, twee boeke van die Nuwe Testament geskryf en het as martelaar vir Christus se saak gesterf. Het jy geval en voel dit asof jy nie kan opstaan nie? Hierdie Skrifgedeeltes is dan vir jou: ‘Die Here bepaal die rigting van ‘n mens… Al sou so een struikel, hy sal nie val nie, want die Here hou sy hand vas’ (Psalm 37:23-24 NLV). ‘My vyande, julle moenie julle oor my verlekker nie! Ek het geval, maar ek sal weer opstaan…’ (Miga 7:8 NLV).
20 Oct English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min