Woord vir Vandag - 22 Nov 2026
Loading player...
“Eendag het Jesus sy twaalf apostels bymekaargeroep en hulle mag en gesag… gegee… Toe het Hy hulle uitgestuur…” Lukas 9:1-2 NLV
Bemagtig ander
Mense wat seker van hulself is, probeer om ander mense te bemagtig. Jesus was ‘n meester daarin. Hy het sy dissipels bemagtig om te verseker dat sy doel op aarde lank nadat Hy weg is, volbring sou word. Om te bemagtig beteken om met krag te vul. Mag is energie. Wanneer ons ‘n gewoonte daarvan maak om ander te bemagtig, gee ons hulle energie om hul doelwitte te bereik. Jesus het hierdie beginsel toegepas: ‘Ek verseker julle, wie aanhou om in My te glo, sal ook die werke doen wat Ek doen…’ (Johannes 14:12 NLV). Daar is niks meer ontmoedigend as om oor sake wat jou raak, uitgesluit te word nie. Jesus het geweet dat dit belangrik was om sy dissipels voor te berei vir dit wat voorlê en hoe dit hulle sou beïnvloed. ‘…Sy woorde aan hulle was: ‘Die Seun van die Mens gaan aan die mag van mense oorgegee word. Hulle sal Hom doodmaak, maar ná drie dae sal Hy opstaan’’ (Markus 9:31 NLV). Later het Hy vir hulle gesê: ‘…Ek gaan soontoe om vir julle plek gereed te maak. En as Ek gegaan en vir julle plek ingerig het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem sodat julle ook kan wees waar Ek is’ (Johannes 14:2-3 NLV). Bemagtiging vind plaas wanneer jy mense met ‘n taak of verantwoordelikheid vertrou sonder om heeltyd oor hul skouer te kyk. Goeie leiers bemagtig ander. Hulle weet mense presteer beter wanneer hulle die vryheid ontvang om hul werk met ‘n mate van onafhanklikheid te voltooi. Wanneer dit gebeur, neem mense eienaarskap van ‘n projek, werk of funksie en resultate verbeter. Dit is dan vir almal ‘n oorwinning.