Woord vir Vandag - 21 Nov 2026
Loading player...
“Here, baklei vir my teen hulle wat met my baklei. Veg teen hulle wat teen my veg.” Psalm 35:1 DB
God veg vir jou (2)
Israel het die Beloofde Land nie as gevolg van hulle eie vaardigheid verower nie, maar as gevolg van God se vaardigheid. In sy toespraak voor die geveg, het Josua vir sy manskappe gesê: ‘…Oor drie dae gaan julle… trek om die land wat die Here julle God vir julle gee, in ontvangs te neem’ (Josua 1:11 NLV). Op die vooraand wat hulle die Jordaan sou oorsteek, het Josua verklaar: ‘…Berei julle voor. Die Here gaan môre wonderwerke onder julle doen’ (Josua 3:5 NLV). Terwyl hulle aan die westekant van die rivier gestaan het, het Josua gesê: ‘Die Here julle God het die water van die Jordaan voor julle laat wegdroog…’ (Josua 4:23 NLV). Aan die buitewyke van Jerigo het Josua vir die volk geskreeu: ‘…Gee die kreet! Die Here gee die stad vir julle!’ (Josua 6:16 NLV). Josua het hul oorwinning as volg opgesom: ‘Die Here het groot en magtige nasies voor julle uit verdryf. Tot nou toe was nie een van hulle teen julle opgewasse nie. Een van julle kan selfs duisend van hulle op loop jaag, want die Here julle God veg aan julle kant. Dit is wat Hy julle beloof het’ (Josua 23:9-10 NLV). Stel jou voor, ‘n enkele Hebreeuse soldaat met ‘n ontblote swaard wat ‘n hele bataljon vyande verjaag. Hy is een man teen duisend, maar aangesien God vir hom veg, verslaan hy sy vyande. Stel dieselfde nou vir jou voor. Vrees, angs, haat en pyn is op pad na jou toe, maar jy trek die swaard van God se Woord uit en dryf hulle met: ‘Daar staan in die Skrif geskryf…’ terug. Hier is ‘n wonderlike belofte: ‘Die Here bewaar jou van alle kwaad en Hy beskerm jou lewe. Die Here hou wag oor jou, of jy kom of gaan, nou en vir altyd’ (Psalm 121:7-8 NLV).