Woord vir Vandag - 17 Nov 2026

Loading player...
“…hulle het my die wingerde laat oppas. My eie wingerd kon ek nie versorg nie.” Hooglied 1:6 NLV
Herrangskik jou prioriteite by die huis
Bill Galston was op die hoogtepunt van sy loopbaan toe hy as ‘n binnelandse beleidsadviseur vir president Bill Clinton bedank het om na onderrig aan die Universiteit van Maryland terug te keer. Sy rede was ‘om ‘n nuwe balans’ tussen werk en gesin te vind. Galston het meer as ‘n dekade lank aan die idees wat hy gehoop het om verwesenlik te sien word, gewerk. By die Withuis het hy gehelp om die Nasionale Veldtog teen Tienerswangerskap te stig, die Nasionale Diensprogram te beplan en gewerk aan onderwyshervorming en wetgewing vir ‘n omvattende vroeë kinderjare-program vir lae-inkomste kinders van geboorte tot vyfjarige ouderdom, met die fokus op onderwys, gesondheid, voeding en gesinsondersteuning. Hy het wyd met administrasiebeamptes geraadpleeg, ‘n uitstekende reputasie gehad en was lief vir sy werk. Hy het probeer om tyd saam met sy seun, Ezra, in sy skedule te integreer – hy het hom selfs saans na sy Withuis-kantoor gebring. Galston is egter voortdurend deur die feit geteister dat hy dikwels te moeg huis toe gekom het om kwaliteit tyd saam met sy seun deur te bring. Wat het sy bedanking veroorsaak? Sy seun, Ezra, het vir hom ‘n nota gestuur wat gesê het: ‘Bofbal is nie lekker as daar niemand is om jou toe te juig nie.’ Was dit ‘n moeilike keuse vir Bill Galston om te maak? Ja, maar dis een waaroor hy nooit spyt was nie. Gee jy jou gesin die tyd wat hulle nodig het en verdien? Beskryf hierdie woorde jou stryd om die eise van werk en gesin te balanseer? ‘…hulle het my die wingerde laat oppas. My eie wingerd kon ek nie versorg nie.’ As hierdie Skrifgedeelte met jou as ouer praat, is dit tyd om jou prioriteite by die huis te herrangskik.
20 Oct English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min