Woord vir Vandag - 13 Nov 2026
Loading player...
“Let goed op jouself en jou leer…” 1 Timoteus 4:16 NLV
God wil met jou werk!
Paulus het vir Timoteus gesê: ‘Let goed op jouself en jou leer…’ Predikers preek dikwels oor die dinge wat hulleself die nodigste het! As jy wil weet watter stryd hulle voer, luister na dit wat hulle preek. Wanneer God met hulle praat, skryf hulle dit met ‘n inleiding, ‘n middel en ‘n slotsom neer en gee dit dan aan ander deur. Wanneer God die boot begin skommel, bring dit beide vreugde en konflik mee. Dit was nie maklik vir Moses om die gemak van ‘n paleis prys te gee en veertig jaar in die woestyn deur te bring nie. Abraham het alles verlaat om God te volg en die vader van ‘n nasie te word. Dit is opwindende leesstof, maar sou jy graag so ‘n moeilike reis saam met Hom wou deurmaak? Daar word gesê dat sommige mense dinge laat gebeur, ander mense kyk hoe dinge gebeur, en ander mense weet nie wat gebeur nie. As jy moeg is om te voel of jy nêrens met God kom nie en jy wil wegbreek, moet jy vandag in sy teenwoordigheid kom en daar bly totdat jy van Hom gehoor het. Hy mag dalk vir jou sê om te bly waar jy is en as Hy dit doen, sal jy volkome vrede daar hê (Sien Kolossense 3:15). Hy mag dalk vir jou sê om vir iets nuuts gereed te maak en as Hy dit doen, sal Hy jou toerus om dit te hanteer. As jy die grootste deel van jou lewe daaraan bestee om vir ander mense te sê wat om te doen, is die woord vir jou vandag: ‘Let goed op jouself en jou leer…’