Woord vir Vandag - 12 Nov 2026

Loading player...
“Ons word al meer verander om soos die Here te lyk, met ‘n heerlikheid wat steeds toeneem namate die Here, dit is die Gees, dit aan ons gee.” 2 Korintiërs 3:18 NLV
Jy is geroep om God se heerlikheid te weerkaats
Ons lewensdoelwit het baie meer met wie ons word, as met met wat ons doen, te make. ‘Want God het hulle reeds vooruit geken, en Hy het hulle aangewys om soos sy Seun te word…’ (Romeine 8:29 NLV). Dit verg baie verskillende ervarings om dit te bewerkstellig. Daarom skryf Paulus: ‘Doen alles sonder kla of teëpraat. Dan sal julle as onberispelike kinders van God bo verdenking staan. Julle sal skoon lewe in ‘n wêreld vol oneerlike en perverse mense. Skyn nou in hierdie donker wêreld soos helder sterre’ (Filippense 2:14-15 NLV). Paulus vergelyk ons met skitterende sterre, en die woord ‘skyn,’ beteken om te weerkaats. Die wetenskaplike term is albedo. Dit is ‘n meting van hoeveel sonlig ‘n hemelliggaam weerkaats. Die planeet Venus het byvoorbeeld die hoogste albedo van amper 0.7. Dit beteken dat byna sewentig persent van die lig wat Venus tref, weerkaats word. Die maan het egter ‘n albedopunt van slegs 0.07. Slegs sewe persent van sonlig word deur die maan weerkaats, maar dit verlig ons pad op wolklose nagte. In ‘n soortgelyke sin het elkeen van ons ‘n geestelike albedo. Die doelwit? Honderd persent weerkaatsing. ‘Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om soos die Here te lyk, met ‘n heerlikheid wat steeds toeneem namate die Here, dit is die Gees, dit aan ons gee.’ Jy kan nie lig produseer nie; jy kan dit net weerkaats. Om verander te word om soos God te lyk, beteken dat ons begin dink soos Hy dink, praat soos Hy praat, voel soos Hy voel en optree soos Hy optree. Dit is die karakter van Christus wat in jou gevorm word totdat jy sy liefde, sy krag, sy geduld en sy vreugde weerkaats.
20 Oct English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min