Woord vir Vandag - 11 Nov 2026
Loading player...
“…Kyk, soos die klei in die hande van die pottebakker, so is julle in my hande.” Jeremia 18:6 NLV
Jy is klei in die pottebakker se hand
Tydens ‘n gebedsbyeenkoms een aand het ‘n bejaarde vrou God gesmeek: ‘Dit maak regtig nie saak wat U met ons doen nie, Here; doen net asseblief u wil in ons lewens.’ Adelaide Pollard, ‘n bekende rondreisende Bybelonderwyseres, het haar gebed gehoor. Op daardie tydstip was sy diep mismoedig, omdat sy nie genoeg fondse kon insamel om ‘n sendingreis na Afrika te onderneem nie. Sy is deur hierdie vrou se opregte versoek aan God ontroer en toe sy daardie aand huis toe gaan, het sy oor hierdie woorde uit die Skrif gemediteer: ‘Ek het toe na die werkplek van die pottebakker gegaan en hom gekry waar hy besig was om op die pottebakkerswiel te werk. Maar die pot waarmee hy besig was, was nie ‘n sukses nie. Hy het toe die klei inmekaargedruk en weer begin om ‘n nuwe pot te vorm soos hy dit wou hê. Die Here het toe weer vir my ‘n boodskap gegee. Hy het gevra: ‘O Israel, kan Ek nie met julle net so maak soos die pottebakker met die klei maak nie? Kyk, soos die klei in die hande van die pottebakker, so is julle in my hande’ (Jeremia 18:3-6 NLV). Voordat sy daardie aand gaan slaap het, het Adelaide ‘n gebed geskryf wat ‘n bekende loflied geword het: ‘Have Thine own way, Lord! Have Thine own way! Thou art the potter, I am the clay. Mold me and make me after Thy will, while I am waiting, yielded and still. Have Thine own way, Lord! Have Thine own way! Search me and try me, Master, today! Whiter than snow, Lord, wash me just now, as in Thy presence humbly I bow.’ Wat jy tans ook al deurmaak, onthou dat jy klei in die pottebakker se hand is.