Woord vir Vandag - 10 Nov 2026

Loading player...
“…Onthou net wat die Here jou God… gedoen het.” Deuteronomium 7:18 NLV
Onthou jou oorwinnings
Een van die kragtigste funksies van jou brein is die vermoë om die verlede te herroep. Wanneer jy vorige oorwinnings onthou, wakker jy die moed, vreugde en gevoel van prestasie wat met die oorwinning geassosieer word, weer aan. Jy kan nooit die krag van ‘n ervaring om jou geloof weer te inspireer, onderskat nie. Van die skeiding van die Rooi See tot die val van Jerigo, het die Israeliete talle wonderwerke gesien wat God namens hulle verrig het. Hy het hulle gewaarsku om nie sy magtige dade te vergeet nie: ‘Moenie vir hulle bang wees nie. Onthou net wat die Here jou God aan Farao en aan die hele Egipte gedoen het. Met julle eie oë het julle die verskriklike dinge gesien wat die Here jou God na hulle gestuur het. Onthou die tekens en wonderdade en die geweldige krag wat die Here gebruik het om julle uit Egipte te lei. Hierdie selfde krag sal die Here jou God gebruik teen die volke waarvoor jy bang is’ (Deuteronomium 7:18-19 NLV). As jy toegelaat het dat Satan jou die tye van goddelike ingryping in jou lewe laat vergeet, moet jy iemand anders se getuienis herroep. Geloof kan uit meer as een rigting kom. Herinner jouself aan die goeie dinge wat God vir jou vriende, kennisse en kollegas gedoen het. Wonderwerke is opwindend, ongeag wie die ontvanger daarvan is. As God dit voorheen gedoen het, kan Hy dit beslis weer doen. ‘Jesus Christus bly steeds dieselfde – gister, vandag en vir altyd!’ (Hebreërs 13:8 NLV). Wanneer iets jou toekoms bedreig, stop en onthou God se goedheid teenoor jou in die verlede. Herinner jouself aan ‘n tyd of voorval waar Hy jou uit ‘n moeilike situasie gebring het. Die woord vir jou vandag is dus – onthou jou vorige oorwinnings.
20 Oct English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min