Woord vir Vandag - 9 Nov 2026
Loading player...
“God het Hom wat nie sonde geken het nie, sonde gemaak ter wille van ons sodat ons, op grond van ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan word.” 2 Korintiërs 5:21 NLV
Genesing van skaamte en veroordeling
Skaamte en veroordeling is twee wapens wat Satan sal gebruik om jou te martel. Hulle sal jou rus steel en die vreugde uit jou lewe tap. Wat is dan die antwoord? Begin jouself sien soos God jou sien. ‘God het Hom wat nie sonde geken het nie, sonde gemaak ter wille van ons sodat ons, op grond van ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan word.’ Wanneer ons van ons tekortkominge bewus is, is dit moeilik om te glo dat ons deur God vrygespreek is en dat Hy wil hê dat ons onsself deur sy oë moet sien. Toe jy egter ‘n Christen geword het, het God jou ‘een’ met Christus gemaak, daarom aanvaar Hy jou altyd. ‘As mense wat deur God vrygespreek is omdat ons glo, is daar nou vrede tussen God en ons op grond van wat Jesus Christus ons Here gedoen het’ (Romeine 5:1 NLV). Wanneer jy vrygespreek is, is dit asof jy nog nooit sonde gedoen het nie. Dit is hoe God jou vier-en-twintig uur per dag, sewe dae per week, driehonderd-vyf-en-sestig dae per jaar, sien. Boonop verstaan Jesus jou stryd, aangesien Hy dit self ondervind het. ‘Hierdie Hoëpriester van ons kan ten volle met ons in ons swakhede saamvoel, want Hy moes presies dieselfde versoekings as ons trotseer – behalwe dat Hy nie voor die sonde geswig het nie. Kom ons gaan dan met volle vrymoedigheid na die troon van ons genadige God. Hy sal aan ons sy deernis en onverdiende goedheid bewys sodat ons op die regte tyd gehelp sal word’ (Hebreërs 4:15-16 NLV). Bely dus die volgende: ‘Jesus het al die skaamte en veroordeling vir my sonde aan die kruis op Hom geneem en ek is in ‘n verhouding met God omdat ek een met Christus is!’