Woord vir Vandag - 6 Nov 2026
Loading player...
“Julle moet mense word wat dóén wat die woord sê. Moet dit net nie aanhoor nie, dan bedrieg julle julleself.” Jakobus 1:22 NLV
Jakobus se lesse (1)
Die boek Jakobus bevat 108 verse en beskryf hoe ons ons geloof in aksie kan omsit. Dit is deur Jesus se halfbroer, die biologiese seun van Maria en Josef, geskryf. Blykbaar het Jakobus as gevolg van die opstanding ‘n gelowige geword. Paulus het gesê dat nadat Jesus uit die graf opgestaan het: ‘…Hy aan Jakobus verskyn [het] en later aan al die apostels’ (1 Korintiërs 15:7 NLV). Iewers, privaat en persoonlik, het die opgestane Here Jakobus ontmoet en sy boetie se lewe was nooit weer dieselfde nie. Na sy ontmoeting met sy ouer broer wat die dood oorwin het, het Jakobus in geloof gegroei en die onbetwiste leier van die kerk in Jerusalem geword. Die apostel Paulus het na hom as ‘n sleutelfiguur in die kerk verwys (sien Galasiërs 2:9). Daar word vertel dat Jakobus so toegewyd aan gebed was dat hy die bynaam ‘kameelknieë’ gekry het, omdat hy so baie ure in gebed op sy knieë deurgebring het dat hy groot eelte ontwikkel het. Vandag is ons 2 000 jaar van Jakobus se skrywe verwyder, maar sy brief bly vir ons net so relevant soos die internet se oggendnuus. Die sentrale boodskap van sy boek is vervat in die volgende woorde: ‘Julle moet mense word wat dóén wat die woord sê. Moet dit net nie aanhoor nie, dan bedrieg julle julleself.’ Jakobus spreek ons grootste uitdaging aan: om met ons lewens dit wat ons met ons lippe verkondig, uit te leef. In elke paragraaf herinner hy ons daaraan dat wanneer ons in pas met die Heilige Gees wandel, ons nie net moet rondsit nie, maar die sole van ons skoene moet afslyt. Ons sal bewys dat ons glo wat ons sê en sal mense word ‘wat dóén wat die woord sê.’