Woord vir Vandag - 5 Nov 2026
Loading player...
“Daarom dan, broers, staan ons onder ‘n verpligting…” Romeine 8:12 AFR83
Vervul jou verpligting teenoor die Here
Paulus het geskryf: ‘Daarom dan, broers, staan ons onder ‘n verpligting, maar nie teenoor ons sondige natuur om daarvolgens te lewe nie. As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers, gaan julle die dood tegemoet, maar as julle deur die Gees ‘n einde maak aan julle sondige praktyke, sal julle lewe’ (verse 12-13 AFR83). Verpligting is nie ’n gewilde woord nie. Dis omdat ons dit in ‘n negatiewe lig interpreteer. Moenie daaraan dink as iets wat jy moet doen nie, maar as iets wat jy kry om te doen. Ons grootste verpligting is ook ons grootste geleentheid - om ons lewens aan die heerskappy van Christus oor te gee. Kan jy aan enige groter voorreg dink as om deur God gebruik te word om sy ewige voornemens te vervul? Die woord ‘verpligting’ beteken om wettiglik of moreel gebonde te wees. Die beste voorbeeld daarvan is moontlik die huwelik. Wanneer julle by die altaar: ‘Ja,’ sê, verbind julle julself om in goeie en slegte tye, in rykdom en armoede en in siekte en gesondheid aan mekaar getrou te bly, tot die dood julle skei. Wanneer ons deur die nuwe geboorte ‘n verbondsverhouding met God aangaan, gebeur twee dinge. Ons word wettiglik en moreel aan Hom verbind en Hy word wettiglik en moreel aan ons verbind. Die evangelie vereis dat ons alles van onsself aan God oorgee. Wanneer ons dit doen, gee God ook alles van Homself aan ons oor. Dink aan die voordele van so ‘n verbintenis! Jy sal nooit ‘n beter ooreenkoms aangaan nie. Die ooreenkoms sluit ook die Heilige Gees in. Dis weer eens ‘n goeie verpligting. Hoekom? Omdat Hy jou na plekke sal neem waarheen jy nie self kan gaan nie en dinge in en deur jou sal doen wat andersins onmoontlik is.