Woord vir Vandag - 4 Nov 2026

Loading player...
“…Ons glo dat ons gewete skoon is, want ons probeer om in alle omstandighede reg op te tree.” Hebreërs 13:18 NLV
Wat sê jou gewete vir jou?
Brandalarms het ‘n interne skakelaar wat deur ‘n ligstraal geaktiveer word. Solank die lig ononderbroke op die fotosensitiewe ontvanger skyn, bly die alarm stil. As rook, vog of ‘n insek egter vir selfs ‘n breukdeel van ‘n sekonde voor die ligstraal inbeweeg, lui die alarm. Om op daardie alarm te reageer, kan die verskil tussen lewe of dood beteken. Jou gewete werk op dieselfde beginsel. Wanneer sonde die verbinding tussen jou en God verbreek, stuur jou gewete ‘n alarm dat iets verkeerd is. Slegs ‘n dwaas sal die alarm net afskakel of die vermoë om deur die alarm te slaap, ontwikkel. Alhoewel sekere dinge nie op sigself ‘verkeerd’ is nie, kan dit vir jou as gevolg van die toekoms wat God in gedagte het, verkeerd wees. Dit beteken daar is dinge wat ander kan doen wat jy nie kan nie. Dus, in plaas daarvan om koppig te wees, verbly jou in die wete dat God groot dinge vir jou in gedagte het. ‘n Franse spreekwoord sê: ‘Daar is geen kussing so sag soos ‘n skoon gewete nie.’ Om na jou gewete te luister sal jou daarvan weerhou om die verkeerde pad te loop. As jy egter besluit om ongeag voort te ploeter, sal jou gewete jou daarvan weerhou om gemaklik met jou besluit te wees. Vra jouself altyd die volgende vraag af en jy sal die regte besluit neem: ‘Hoe sal hierdie besluit my vertroue in God beïnvloed?’ Die Bybel sê: ‘Geliefdes, as ons gewete ons nie veroordeel nie, het ons vrymoedigheid om na God toe te gaan. Wat ons ook al bid, kry ons van Hom omdat ons sy opdragte gehoorsaam en dié dinge in sy teenwoordigheid doen wat Hom bly maak’ (1 Johannes 3:21-22 NLV).
20 Oct English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min