Woord vir Vandag - 3 Nov 2026

Loading player...
“Vra My, en Ek sal vir jou ‘n antwoord gee. Ek sal jou van ongelooflike dinge vertel. Dit is nou nog vir jou ‘n geheim, en jy weet niks daarvan nie.” Jeremia 33:3 NLV
Het God jou ‘n goeie idee gegee?
Die meeste suksesverhale begin as ‘n idee in iemand se gedagtes. God is die bron van goeie idees. ‘Van Bo af kom net goeie, ja, volmaakte gawes. Hulle kom van die Vader wat die hemelligte geskep het…’ (Jakobus 1:17 NLV). God gee wysheid en kennis aan diegene wat nederig genoeg is om sy leiding te soek. Sy belofte is: ‘Vra My, en Ek sal vir jou ‘n antwoord gee. Ek sal jou van ongelooflike dinge vertel. Dit is nou nog vir jou ‘n geheim, en jy weet niks daarvan nie.’ Robert Chesebrough het ‘n produk gehad waarin hy heelhartig geglo het. Trouens, dit was sy eie uitvindsel. Chesebrough het staafwas – ‘n dik, donker en klewerige neweproduk wat op oliepompstawe en masjinerie tydens ru-olie-onttrekking vaskleef – in petroleumjellie omskep. Hy het soveel in die genesende aspekte van sy skepping geglo dat hy sy eie eksperiment geword het. Om die voordele van sy produk vir ander te demonstreer, het hy homself met suur en vlamme gebrand. Hy het homself so gereeld en so diep gesny en gekrap dat hy sy hele lewe lank letsels van sy toetse gedra het. Nietemin het Chesebrough sy punt bewys en mense oortuig. Hulle hoef net na sy wonde te kyk en hoe hulle genees het om die waarde van sy produk te kon sien, wat steeds ‘n internasionale topverkoper is. Ons ken dit as Vaseline. Wat sien jy in jou toekoms? Glo jy genoeg in die potensiaal daarvan om ander te help dat jy bereid is om jou tyd, energie, hulpbronne en hoop in die ontwikkeling daarvan te belê? As jy God se leiding soek, sal Hy jou ‘…van ongelooflike dinge vertel. Dit is nou nog vir jou ‘n geheim, en jy weet niks daarvan nie.’
20 Oct English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min