Woord vir Vandag - 2 Nov 2026

Loading player...
“Die Filistyn het al nader gekom, maar Dawid het hom vinnig tegemoetgegaan.” 1 Samuel 17:48 NLV
Staan teen jou ‘reus’ op
Is jy gereed om jou swaard van geloof te gryp en die reus in jou lewe te verslaan? Jou beste strategie sal altyd wees om jou reus aan te val voordat dit ‘n kans kry om die oorhand oor jou te kry. Eleanor Roosevelt het gesê: ‘Jy ontvang krag, moed en selfvertroue deur elke ervaring wat jy vrees in die gesig te staar.’ Jy kan dit doen! ‘Want God het ons nie ‘n gees van skugterheid gegee nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing’ (2 Timoteus 1:7 NLV). Alle bedreigings hou die potensiaal van verlies in, of dit nou werklike of denkbeeldige bedreigings is. Dit kan die verlies van jou inkomste, jou gesondheid, jou posisie, ‘n verlangde verhouding, ens. wees. Vryheid vind plaas wanneer jy stop en ‘n eerlike belydenis maak van die verlies wat jy werklik vrees. Om jou ware vrese te identifiseer en te erken, sal ‘n reuse-stap wees om daarvan los te breek. Jy gaan egter deur die proses moet gaan om by die kern van jou angs uit te kom. Dawid het nie gewag vir die reus om na hom toe te kom nie. ‘Die Filistyn het al nader gekom, maar Dawid het hom vinnig tegemoetgegaan.’ Identifiseer jou probleem, konfronteer dit, ontwikkel ‘n plan om dit te oorkom en onthou dat God by jou is en jou in staat sal stel om dit te oorwin. Dale Carnegie het gesê: ‘Doen die ding waarvoor jy bang is en hou aan om dit te doen. Dit is die vinnigste en sekerste manier om vrees te oorwin.’ Met God aan jou kant, is jou oorwinning gewaarborg.
20 Oct English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Nov 2026

“Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 29 Nov 2026

“The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as…
20 Oct 2 min

Word for Today - 28 Nov 2026

“Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to…
20 Oct 1 min