Woord vir Vandag - 1 Nov 2026
Loading player...
“Vereer die Here met alles wat jy besit. Gee vir Hom die beste van jou oes.” Spreuke 3:9 NLV
Prioritiseer hoe jy gee
Van al die items in jou maandelikse begroting, behoort God jou topprioriteit te wees - nie net sommer enige prioriteit nie, maar jou eerste en hoogste een. Die Israeliete was grootliks ‘n landbouvolk. Met dit in gedagte, lees hierdie wonderlike belofte wat God aan hulle gemaak het en staan daarop: ‘Vereer die Here met alles wat jy besit. Gee vir Hom die beste van jou oes. Hy sal jou opgaarplekke vol maak. Jou parskuipe sal te klein wees vir al die wyn’ (verse 9-10 NLV). Let op die woorde ‘die beste van jou oes.’ Dit beteken voordat jy die verband betaal, kruideniersware koop of ander rekeninge betaal, jy eerste vir God moet gee. Wanneer jy wag totdat ander uitgawes eers gedek is voor jy vir God gee, sal jy moontlik nie in staat wees om ten volle te gee nie. Dis hoe dit met prioriteite werk. Wat jy ook al eerste plaas, sal voorrang bo alles wat daarna kom, geniet. Vrygewigheid behoort die primêre dryfveer agter jou plan van gee te wees. Jou vrygewigheid is geneig om die hoogste te wees onmiddellik nadat jy voorsiening ontvang het. Wanneer jy wag dat jou voorsiening deur maandelikse verpligtinge verminder word, is dit geneig om jou vrygewigheid te onderdruk. As jy egter jou gee prioritiseer, sal alles anders sy regmatige plek na die prioriteit van God se werk inneem. Eer God met die eerste gedeelte van jou inkomste in plaas daarvan om Hom die oorskiet te gee. Dit beteken wanneer jy jou salaris kry, jy eerste vir God sy deel gee. Gebruik dan wat oorbly om in jou eie behoeftes te voorsien, soos om rekeninge te betaal of kruideniersware te koop. Dit is wat ons bedoel wanneer ons sê om te prioritiseer hoe jy gee.