
Agriskoops - 7 September 2026
Loading player...
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Sarel Bam van die maatskappy NuWater. Hy gesels oor die belangrikheid van die bestuur van watergehalte en waterverbruik op die plaas. Hy ontleed 'n voorbeeld van hoe wateruitdagings 'n groot hoenderboerdery beïnvloed het, en hoe NuWater se ingryping werksgeleenthede beskerm het, 'n moontlike stilstand voorkom het en voedselprysstygings vermy het. Hy verduidelik verder hoe betroubare waterbehandeling direk gekoppel kan word aan sosio-ekonomiese stabiliteit in landelike gemeenskappe.

