Wag, Wat? Kanada Verloor Die Speletjie

Loading player...
Kyk hier: https://afrikaans.radio/klets/ep-257-wag-wat-kanada-verloor-die-speletjie/

Dis September, uiteindelik! Die vroue van Suid-Afrika kry ’n oomblik om asem te skep. Net jammer niemand het vir die ANC gesê nie, want etlike dae voor die verkiesing is rus glad nie op hulle kalender nie.

Oor die Atlantiese Oseaan speel Trump en Kanada intussen ’n rondte van "Naam, Van, Dier, Dorp". Trump wil Lake Ontario na Lake America doop, en dalk is dit nie 'n slegte idee met Kanada se Dildo, Moose Jaw en Wrong Lake nie.

En vandag sê ons vaarwel vir Dolly Parton. ’n Stem wat generasies groot gemaak het, nou stil.

Dis Lake America en This Lake, That Lake, en The Other Lake
Dis Jolene, een laaste keer.
Dis KLETS.
2 Sep Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Kremetarte, Koalisies en Kwalifikasies

Die kieser het gestem. Die politici besluit nog wat dit beteken. In Gauteng raak die magspel net dikker, en jy begin wonder of die stemhokkie maar 'n "suggestion box" was. Dan 'n voelgoed storie, want ons verdien een: Matthys gesels met 𝗗𝗿 𝗦𝗮𝗿𝗮𝗵 𝗩𝗲𝗻𝘁𝗲𝗿 van die Baobab Foundation oor 𝙊𝙥𝙚𝙧𝙖𝙩𝙞𝙤𝙣…
25 Nov 57 min

Kerse, Koalisies en Kommer

Die kiesers het gepraat. Die politici is nog besig om te besluit of hulle dit gehoor het. 𝗞𝘆𝗸 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-266-kerse-koalisies-en-kommer/ Blou wil regeer. Groen ook. En êrens in die middel is daar ‘n kombinasie van groen en groen en rooi wat op papier lyk soos ‘n verkeerslig wat nie…
18 Nov 1 hr 01 min

Elke Verkiesing Is Die Belangrikste. Tot Die Volgende Een.

Dis stemdag, en vandag is jy skielik belangrik vir elke politikus. 𝗞𝘆𝗸 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-265-elke-verkiesing-is-die-belangrikste-tot-die-volgende-een/ Vandag se munisipale verkiesing word beskou as een van die belangrikstes sedert 1994, en almal het ’n opinie oor waar jou kruis hoort. Colene en Matthys loop deur die opsies, die voorlopige peilings soos op…
4 Nov 1 hr 05 min

Krane, Kilo’s, Kakkerlakke en ’n Kat

Hierdie week se KLETS begin by ’n kraan wat meer bring as net water. 𝗞𝘆𝗸 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-264-krane-kilos-kakkerlakke-en-n-kat/ In Tshwane se kant van die wêreld het die riool die watersisteem ontdek, en skielik is “bottled water” nie meer ’n luukse nie. Dis ’n krisis met ’n baie spesifieke reuk. Terwyl…
28 Oct 55 min

Hy Huil, Ons Betaal

Colene is karloos in Johannesburg en Matthys kry warm in die studio. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗘𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-263-hy-huil-ons-betaal/ Die verkiesing is om die draai. Op elke lamppaal hang daar ’n gesig wat jou vertel vir wie om te stem, en almal lyk skielik baie lief vir jou. Fekile Mbalula stort…
21 Oct 1 hr 02 min