Nina Strydom se pad na sukses

Loading player...
Nina Strydom se pad na sukses is verweef met die ATKV. Sy was die algehele wenner van die ATKV-Redenaars 2025-kompetisie – ’n prestasie wat haar stem en talent op ’n nasionale verhoog geplaas het. Daarby was sy ’n finalis van ATKV-DigiToneel, waar sy haar kreatiewe vermoëns verder kon slyp en ’n verskyning in die ATKV se eie TV-realiteitsreeks, Gekies vir die Kollig, kon maak. Kom luister hoe Nina op Kopskuif gesels oor haar nuwe lewensfase, haar studies in bedryfsielkundeen die rol van Jessica in die nuwe kykNET-reeks Beter as Gister.
22 Aug Afrikaans South Africa Society & Culture · Kids & Family

Other recent episodes

ATKV-takinisiatiewe en opleidingsgeleenthede

In vandag se episode van Kopskuif, gesels Jaco Spies, ATKV-streeksbestuurder van die Suid-Kaap. Jaco gesels oor hoe ATKV-taklede elke dag die hande, voete, oë, ore én gesig van die ATKV in hul gemeenskappe is. Hy vertel ook meer oor die ongelooflike werk wat die ATKV verrig op gebiede soos leesbevordering,…
24 Oct 37 min

Kyk met nuwe oë na die alledaagse lewe

Ilne Fourie, bekroonde skrywer, aktrise en stemkunstenaar gesels vandag in Kopskuif. Kom luister hoe Ilne gesels oor hoe haar werk verras, vermaak en gehore dikwels met nuwe oë na die alledaagse lewe laat kyk.
17 Oct 50 min

Oorbruggingsprogram vir studente

Sylvester Smith, projekorganiseerder van ATKV-Postmatriek, het vandag kom gesels op Kopskuif. Hy beskryf die 10-maande-oorbruggingsprogram as ’n onvergeetlike voorbereidingsjaar wat nie net studente help om hul leierskappotensiaal te ontdek nie, maar hulle ook toerus met die insig en vermoë om verantwoordelike en ingeligte besluite rondom hul toekoms en loopbaanrigting te…
10 Oct 31 min

Soms is dit wat jy soek nie buite nie, maar binne

In vandag se Kopskuif gesels die Suid-Afrikaanse filmmaker Zandré Coetzer, mede-eienaar van Nagvlug Films Zandré gesels oor die fantasiefilm, Silas en die Ysbeer op Tafelberg (gebaseer op die geliefde prenteboek deur Zandré Coetzer en Annie Klopper wat by Penguin Random House verskyn het). Sy vertel meer oor hierdie film as…
3 Oct 48 min

Die rol wat toneel kan speel om mense se lewens te verander

Xander Venter, bekende akteur, gesels vandag op Kopskuif. Hy het deur sy skoolloopbaan in verskeie verhoogproduksies verskyn en veral in ATKV-Tienertoneel uitgeblink. Kom luister hoe hy gesels oor die lewensfase waarin hy homself bevind en die rol wat toneel kan speel om mense se lewens en perspektiewe te verander. Verder…
26 Sep 25 min