n Viering van musikale samesyn tydens “Sister Act” op 10 September by die Odeion

Loading player...
“Sister Act” bring drie uitmuntende Suid-Afrikaanse musikante byeen – die fluitspeler Malané Hofmeyr-Burger, violis Zanta Hofmeyr en altviolis Jeanne-Louise Moolman. Saam beloof die drie dames ’n viering van vriendskap, musiek en die vreugde van saam optree. Malané Hofmeyr-Burger sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om te gesels oor hul konsert op 10 September by die Odeion in Bloemfontein. Gehore kan uitsien na ’n betowerende kamermusiekprogram wat strek van die warmte en elegansie van Beethoven tot die ryk teksture van Max Reger, tesame met werke van Jan van Gilse en Franz Neubauer. Dit is ‘n besondere samewerking van ‘n unieke trio wat luisteraars nie mag mis nie. Kaartjies is by Quicket beskikbaar.
26 Aug English South Africa Performing Arts · Visual Arts

Other recent episodes

Mother Tongue exhibition in Kimberley allows art to become the language spoken

The first solo museum exhibition by South African artist Anastasia Pather is being hosted at the William Humphreys Art Gallery in Kimberley till 26 November 2026. The exhibition marks a significant milestone in the artist's career and reaffirms the gallery's commitment to providing a platform for artists whose work expands…
2 Oct 4 min

Kom saam na Agrabah met ballerinas, ‘n genie en hope pret!

Elna van der Walt balletskool in Bloemfontein nooi jou na hul produksie Aladdin in die Sand du Plessis teater op 20 en 21 November. Kaartjies is beskikbaar by Webtickets. Elna, Elrine en Jaco sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om te vertel wat die produksie vir die…
1 Oct 7 min

Bloemfontein kom sing saam op die Sand se verhoog hierdie Kerstyd

Die Groot Kersfees Saamsing kom vir die eerste keer, in samewerking met PACOFS na die Sand du Plessis teater in Bloemfontein. Enige lid van Bloem se publiek word dan die geleentheid gegee om deel te wees van ‘n massakoor. Ongeag ouderdom, agtergrond, musikale kennis of sangvermoë, jy kan registreer op…
30 Sep 5 min

‘Love Good Music’, aangebied deur die Vrystaatse Simfonieorkes

Dirigent Gerry Cornelius en tjellis Peter Martens laat die werke van Arnold, Sjostakowitsj, Strauss en Poulenc herleef tydens Love Good Music – die Vrystaatse Simfonieorkes se finale konsert vir 2026. Luzanne Eigelaar van die Odeion Skool vir Musiek sluit by Yolanda Maartens aan in OFM Kunsteklop om jou uit te…
29 Sep 3 min