
Agriskoops - 18 Augustus 2026
Loading player...
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nicolene Schoeman, die verkoopsbestuurder by Baytrac. Sy gee 'n oorsig van vlootbestuurswenke wat plase en besighede kan help om geld te bespaar, en verduidelik hoe effektiewe vlootbestuur ook kliëntediens kan verbeter. Schoeman sluit die drie weke lange bespreking af met 'n laaste boodskap aan ons luisteraars oor die belangrikheid van volhoubare vlootbestuur.

