Woord vir Vandag - 27 Sep 2026
Loading player...
“Sien jy iemand wat bedrewe is in sy beroep? Hy werk vir konings en nie vir gewone mense nie.” Spreuke 22:29 NLV
Studeer. Werk. Hoop. Druk deur.
Om dowes te help kommunikeer, was wat Alexander Graham Bell, die uitvinder van die telefoon, werklik gemotiveer het. Miskien was dit omdat sy ma en sy vrou albei doof was. ‘As ek 'n doofstom persoon kan laat praat,’ het Bell gesê, ‘kan ek metaal laat praat.’ Vir vyf frustrerende en armoedige jare het hy met ‘n verskeidenheid materiale geëksperimenteer om ‘n metaalskyf te maak wat in reaksie op klank sou vibreer, daardie klanke sou reproduseer en dit oor ‘n elektriese draad sou stuur. Tydens ‘n besoek aan Washington DC, het hy Joseph Henry, ‘n wetenskaplike wat ‘n pionier in navorsing met betrekking tot elektrisiteit was, besoek. Hy het sy idees aan hom voorgelê en sy raad gevra - moet hy iemand anders die telefoon laat vervolmaak of moet hy dit self doen? Henry het Bell aangemoedig om dit self te doen, waarop hy gekla het dat hy nie die nodige kennis van elektrisiteit het nie. Henry se kort antwoord was: ‘Kry dit dan.’ Dus het Bell begin om elektrisiteit te bestudeer. ‘n Jaar later, toe hy ‘n patent vir die telefoon verkry het, het die amptenare van die patentkantoor gesê dat hy meer van elektrisiteit as al die ander uitvinders saam, geweet het. Studie, werk, hoop en deursettingsvermoë is ‘algemene dinge’, maar hulle is die sleutels tot ongewone sukses in die lewe. Soos Bell ontdek het, is deursettingsvermoë dikwels die uitdagendste daarvan. Longfellow het geskryf: ‘The heights by great men reached and kept were not attained by sudden flight. But they, while their companions slept, were toiling upward in the night.’ Salomo het geskryf: ‘Sien jy iemand wat bedrewe is in sy beroep? Hy werk vir konings en nie vir gewone mense nie.’