Woord vir Vandag - 18 Sep 2026
Loading player...
“…Dink ‘n bietjie na oor hoe sake vir julle staan! Julle het baie aanplantings gedoen, maar die oes was maar skraal…” Haggai 1:5-6 NLV
Gehoorsaamheid: die sleutel tot oorwinning en seën
In die eerste hoofstuk van Haggai lees ons van ‘n groep mense vir wie God gesê het om sy huis te herbou. Na agtien jaar het hulle Hom steeds nie gehoorsaam nie, maar kon nie verstaan waarom hulle lewens ‘n gemors was nie. Hulle het gewonder waarom God hulle nie seën nie. Daarom het Hy vir hulle gesê: ‘Hoe kan julle in weelderige huise bly terwyl my huis ‘n ruïne is?.. Dink ‘n bietjie na oor hoe sake vir julle staan! Julle het baie aanplantings gedoen, maar die oes was maar skraal. Julle het nou wel kos om te eet, maar julle is nog honger. Julle het wyn om te drink, maar nie genoeg om julle dors te les nie. Julle het klere om aan te trek, maar dit is nie voldoende om julle warm te hou nie. Julle geld raak weg asof dit gebêre is in ‘n broeksak met gate!.. Gaan haal hout op die heuwels en begin dan my huis herstel. Dit sal My tevrede stel en Ek sal voel dat julle My eer betoon…’ (verse 4-8 NLV). As jy nie tevrede is met hoe dinge gaan nie, is dit nie dalk omdat jy nie gedoen het wat Hy vir jou gesê het om te doen nie? Jakobus het geskryf: ‘Van Bo af kom net goeie, ja, volmaakte gawes. Hulle kom van die Vader wat die hemelligte geskep het. Anders as die hemelligte, staan Hy onbeweeglik vas. Selfs sy skaduwee verskuif nie soos hulle s’n nie’ (Jakobus 1:17 NLV). God is intrinsiek goed en Hy wil graag jou lewe met sy goedheid oorlaai. Om dit te ervaar, moet jy egter in gehoorsaamheid wandel. ‘…Hy sal die goeie nie weerhou van hulle wat doen wat reg is nie’ (Psalm 84:12 NLV). Gehoorsaamheid is jou sleutel tot oorwinning en seën.