Woord vir Vandag - 3 Sep 2026
Loading player...
“Daarom, laat ons vir onsself onderskei wat reg is; laat ons saam leer wat goed is.” Job 34:4 NLV
Duidelike tekens voor verkeerde besluite
Wanneer jy ‘n fout maak of ‘n slegte besluit neem sal jy, as jy wys is, daaruit leer deur te vra: ‘Waar het ek verkeerd gegaan?’ Hier is drie maniere om te verhoed dat jy ‘n slegte besluit neem: 1) Moenie betrokke raak waar jy nie hoort nie. Om sonder uitnodiging te ‘help,’ word ‘inmenging’ genoem. Maak nie saak hoe goed gekwalifiseerd jy is nie, maak nie saak hoe erg ander mense dinge deurmekaarkrap nie, wanneer jy intree waar God jou nie geroep het om te gaan nie, loop dinge nooit goed af nie. 2) Stop, dink en bid voordat jy besluit. ‘Iemand wat ‘n antwoord gee voor hy die vraag gehoor het, is dwaas. Skande wag vir hom’ (Spreuke 18:13 NLV). As jy verslaaf aan prestasie is - iemand wat dink dis beter om enigiets te doen eerder as om te wag - kan jy impulsiewe besluite maak wat dinge eerder vererger as verbeter. Sluit sleutelpersone in jou besluitneming in en luister na die raad van die Heilige Gees voordat jy aksie neem (sien Johannes 16:13). 3) Moenie te lank wag om te besluit nie. As jy ‘n perfeksionis is, loop jy hierdie risiko. Jy raak so bekommerd dat jy die verkeerde besluit gaan neem, dat jy op die ou einde geen besluit neem nie. Om geen keuse te maak nie, is eintlik ‘n keuse. ‘Vra vir God as jy nie kan agterkom wat Hy wil hê jy moet doen nie. Hy sal jou eenvoudig daardie wysheid gee, en jou nie verwyt dat jy dit gevra het nie’ (Jakobus 1:5 NLV). Ten beste? Jy sal dapper optree, besorgdheid oor ander mense betoon en dinge verbeter. Ten slegste? Jy sal ‘n fout maak en daardeur wyser word.