Woord vir Vandag - 1 Sep 2026
Loading player...
“Ek wil die Here prys en nie sy goeie dade vergeet nie.” Psalm 103:2 NLV
Hoe om seën te herken
Dis die slegte dae wat ons help om die goeie dae te waardeer. Sonder slegte dae sou ons geen vergelykingspunt hê nie. Dawid het eendag met homself gepraat en sy gedagtes vir ons opgeteken: ‘Ek wil die Here prys en nie sy goeie dade vergeet nie.’ Hier is ses ‘goeie dade’ wat die moeite werd is om oor na te dink: 1) As jy vanoggend redelik gesond wakker geword het, is jy meer geseënd as die miljoen mense wat hierdie week nie sal oorleef nie. 2) As jy nog nooit die gevaar van oorlog, die eensaamheid van gevangenskap, die pyn van marteling of die pyn van hongersnood ervaar het nie, is jy beter as vyfhonderd miljoen ander mense in die wêreld daaraan toe. 3) As jy ‘n kerkdiens sonder vrees vir teistering, arrestasie, marteling of die dood kan bywoon, is jy meer geseënd as drie miljard mense in die wêreld. 4) As jy kos in die yskas, klere aan jou rug, ‘n dak oor jou kop en ‘n plek om te slaap het, is jy ryker as 75 persent van die wêreld. 5) As jy geld in die bank of in jou beursie, of kleingeld in ‘n laai iewers het, tel jy onder die top 8 persent van die wêreld se rykes. 6) As jy hierdie dagstukkie kan lees, is jy meer geseënd as meer as twee miljard mense in die wêreld wat glad nie kan lees nie. Daar is altyd iemand wat slegter daaraan toe is. Dit beteken nie dat jy jouself in ander mense se ellende verlustig nie. Dit behoort egter jou Christus-gelyke deernis te verhoog en jou ‘n gevoel van dankbaarheid te gee waarvoor jy elke dag dankie moet sê.