Woord vir Vandag - 19 Aug 2026

Loading player...
“Die wapens van ons stryd is nie mensgemaak nie, maar die kragtige gevegstoerusting van God wat vestings kan vernietig…” 2 Korintiërs 10:4 NLV
Jy kan jou probleme oorkom
Vandag se probleem is nie noodwendig môre se probleem nie. Weerstaan die versoeking om jouself te etiketteer: ‘Ek is nou maar net ‘n kommerkous.’ ‘My swakheid is nou maar een maal om te skinder.’ ‘My pa was ‘n drinker; ek sit maar net die tradisie voort.’ Hou op daarmee! Hierdie woorde skep bondgenootskappe met die duiwel. Dit gee hom toegang tot jou gees. Dit is nie God se wil dat jy ‘n verslane, ongelukkige lewe moet lei nie. Draai ‘n dowe oor vir die ou stemme en maak nuwe keuses. ‘’n Pragtige plek is vir my afgemeet. Wat ek geërf het, is vir my mooi!’ (Psalm 16:6 NLV). Leef uit jou erfenis, nie uit jou omstandighede nie. God het jou reeds oorwinning belowe en jou van wapens vir die stryd voorsien. ‘Ons leef wel in ‘n menslike liggaam, maar ons voer die stryd nie met menslike middele nie. Die wapens van ons stryd is nie mensgemaak nie, maar die kragtige gevegstoerusting van God wat vestings kan vernietig… (2 Korintiërs 10:3-4 NLV). Hoe het Josua Jerigo verower? Deur God se strategie te gebruik: ‘…Dra die ark van die verbond. Laat sewe priesters elkeen met ‘n ramshoring voor die ark van die Here loop’ (Josua 6:6 NLV). Die verbondsark was die simbool van God se teenwoordigheid. Josua het dit in die middel van die optog geplaas. Elke aktiwiteit het om God gewentel. Die geheim van oorwinning is om God sentraal in jou lewe te hou deur die wapens van aanbidding - die Skrif en gebed - te gebruik. Gebruik elke instrument wat God bied: Memoriseer die Skrif en pleit by God. Skakel die TV af en maak die Bybel meer gereeld oop. Bekommer jou minder en bid meer. Jy kan jou probleme oorkom deur daagliks op die teenwoordigheid van God staat te maak.
28 Jul English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Sep 2026

“Confess your faults one to another.” James 5:16 KJV Admit your shortcomings It seems that everywhere you turn today, somebody is making an excuse for his or her poor choices, performance, or behaviour, or failing to admit a weakness or shortcoming. Yet we all make mistakes. One of the best…
17 Aug 1 min

Woord vir Vandag - 30 Sep 2026

“Daarom moet julle julle sondes teenoor mekaar bely…” Jakobus 5:16 NLV Erken jou tekortkominge Dit voel of daar vandag om elke hoek en draai iemand is wat ‘n verskoning vir sy of haar swak keuses, prestasie of gedrag maak, of versuim om hul swakhede of tekortkominge te erken. Tog maak…
17 Aug 2 min

Word for Today - 29 Sep 2026

“He then turned away to someone else.” 1 Samuel 17:30 NIV How to deal with discouragers The first person who tried to discourage David from fighting Goliath was his own brother. “Eliab…burned with anger at him and asked, ‘Why have you come down here? And with whom did you leave…
17 Aug 1 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2026

“Hy gaan toe na iemand anders toe…” 1 Samuel 17:30 NLV Hoe om ontmoedigende mense te hanteer Die eerste persoon wat Dawid probeer ontmoedig het om teen Goliat te veg, was sy eie broer. ‘Maar Dawid se oudste broer het gehoor hoe hy met die manskappe praat en het kwaad…
17 Aug 2 min

Word for Today - 28 Sep 2026

“We know that in everything God works for the good of those who love him.” Romans 8:28 NCV God is working on your behalf The Bible begins with these words: “In the beginning God created the sky and the earth. The earth was empty and had no form. Darkness covered…
17 Aug 1 min