Afrikaans en 'n liefde vir lees

Loading player...
Kom luister op 25 Julie op Kopskuif hoe Brandon Erasmus, voorsitter van die ATKV-tak Victoria-Wes, en Chareldine van der Merwe, projekbestuurder van die Vriende van Afrikaans (VVA), gesels.

As onderwyser, gemeenskapsleier en voorsitter van die ATKV-tak Victoria-Wes verenig Brandon ’n paar liefdes: Afrikaans, opvoeding, kultuur, kuns en gemeenskap. Chareldine se liefde vir die ontwikkeling en bevordering van lees onder jong kinders ken geen perke nie. Sy deel meer oor die VVA se leesontwikkelingsprojekte, voorlesings aan kinders en die uitdeel van boektrommels.
25 Jul Afrikaans South Africa Society & Culture · Kids & Family

Other recent episodes

ATKV-takinisiatiewe en opleidingsgeleenthede

In vandag se episode van Kopskuif, gesels Jaco Spies, ATKV-streeksbestuurder van die Suid-Kaap. Jaco gesels oor hoe ATKV-taklede elke dag die hande, voete, oë, ore én gesig van die ATKV in hul gemeenskappe is. Hy vertel ook meer oor die ongelooflike werk wat die ATKV verrig op gebiede soos leesbevordering,…
24 Oct 37 min

Kyk met nuwe oë na die alledaagse lewe

Ilne Fourie, bekroonde skrywer, aktrise en stemkunstenaar gesels vandag in Kopskuif. Kom luister hoe Ilne gesels oor hoe haar werk verras, vermaak en gehore dikwels met nuwe oë na die alledaagse lewe laat kyk.
17 Oct 50 min

Oorbruggingsprogram vir studente

Sylvester Smith, projekorganiseerder van ATKV-Postmatriek, het vandag kom gesels op Kopskuif. Hy beskryf die 10-maande-oorbruggingsprogram as ’n onvergeetlike voorbereidingsjaar wat nie net studente help om hul leierskappotensiaal te ontdek nie, maar hulle ook toerus met die insig en vermoë om verantwoordelike en ingeligte besluite rondom hul toekoms en loopbaanrigting te…
10 Oct 31 min

Soms is dit wat jy soek nie buite nie, maar binne

In vandag se Kopskuif gesels die Suid-Afrikaanse filmmaker Zandré Coetzer, mede-eienaar van Nagvlug Films Zandré gesels oor die fantasiefilm, Silas en die Ysbeer op Tafelberg (gebaseer op die geliefde prenteboek deur Zandré Coetzer en Annie Klopper wat by Penguin Random House verskyn het). Sy vertel meer oor hierdie film as…
3 Oct 48 min

Die rol wat toneel kan speel om mense se lewens te verander

Xander Venter, bekende akteur, gesels vandag op Kopskuif. Hy het deur sy skoolloopbaan in verskeie verhoogproduksies verskyn en veral in ATKV-Tienertoneel uitgeblink. Kom luister hoe hy gesels oor die lewensfase waarin hy homself bevind en die rol wat toneel kan speel om mense se lewens en perspektiewe te verander. Verder…
26 Sep 25 min