ATKV inisiatiewe

Loading player...
Die ATKV bemagtig al dekades lank deelnemers en gemeenskappe om in hul toekoms te belê deur projekte wat taal, kultuur en gemeenskapsontwikkeling sigbaar maak. Vandag gesels Angie Gallagher op Kopskuif oor die wye verskeidenheid inisiatiewe wat uit die ATKV spruit. Sy vertel van ‘Taalgenoot’, die ATKV se amptelike kultuurtydskrif, en RUK EN RYM, ’n kompetisie vir alternatiewe klankskeppers wat musiek met Afrikaanse lirieke maak. Verder deel Angie hoe die ATKV duisende gemeenskappe bereik deur kultuurprojekte, kompetisies en ontwikkelingsprogramme wat taal bevorder, kreatiwiteit aanmoedig en gemeenskappe bemagtig.
18 Jul Afrikaans South Africa Society & Culture · Kids & Family

Other recent episodes

Soms is dit wat jy soek nie buite nie, maar binne

In vandag se Kopskuif gesels die Suid-Afrikaanse filmmaker Zandré Coetzer, mede-eienaar van Nagvlug Films Zandré gesels oor die fantasiefilm, Silas en die Ysbeer op Tafelberg (gebaseer op die geliefde prenteboek deur Zandré Coetzer en Annie Klopper wat by Penguin Random House verskyn het). Sy vertel meer oor hierdie film as…
3 Oct 48 min

Die rol wat toneel kan speel om mense se lewens te verander

Xander Venter, bekende akteur, gesels vandag op Kopskuif. Hy het deur sy skoolloopbaan in verskeie verhoogproduksies verskyn en veral in ATKV-Tienertoneel uitgeblink. Kom luister hoe hy gesels oor die lewensfase waarin hy homself bevind en die rol wat toneel kan speel om mense se lewens en perspektiewe te verander. Verder…
26 Sep 25 min

Dra jou oorsprong in jou hart!

Mercia Eksteen gesels vandag met Miché van Wyk: aktrise, digter, skrywer en kabaretkunstenaar. Skakel in en kom luister hoe Miché gesels oor haar loopbaan, haar komvandaan en haar roeping. Een ding is seker, hierdie kind van die Namakwaland weet wie sy is en hoe belangrik dit is om jou oorsprong…
19 Sep 32 min

ATKV maak 'n verskil!

Franceska Groenewald, voorsitter van die ATKV-tak Overberg, kuier vandag op Kopskuif. Kom luister hoe hierdie verskilmaker gesels oor die verskil wat die ATKV-tak in die gemeenskap maak. Sy gesels oor die waarde van vennootskappe en samewerking en hoe selfs die kleinste aksie verandering kan bring.
12 Sep 33 min

Reinette Lombard - skrywer van "Tippie"

Reinette Lombard, medeskrywer van die gewilde ‘Tippie’-reeks, kom gesels vandag op Kopskuif. Reinette gesels oor hoe hierdie bekende olifant kinders aan die lees kry. Tippie is deel van die ATKV se EkKanLees-projek wat ten doel het om leesgeletterdheid te bevorder. Reinette vertel ook van ’n baie opwindende projek ter viering…
5 Sep 27 min