Woord vir Vandag - 29 Julie 2026

Loading player...
“…’n Groot skare het agter Hom aan gekom. Hy het al die siekes onder hulle gesond gemaak.” Matteus 12:15 NLV
Genesing in die Nuwe Testament
Wonder jy of Jesus gewillig is om jou te genees? Kom ons kyk na die bediening van Jesus Christus, wat die Bybel beskryf as ‘…steeds dieselfde [is] - gister, vandag en vir altyd!’ (Hebreërs 13:8 NLV). Dit beteken dat as Hy dit voorheen gedoen het, Hy dit weer sal doen. Soos jy oor die vele genesings en wonderwerke wat Jesus voortdurend verrig het lees, sal dit jou geloof laat groei en jou verwagting laat styg. ‘Die geloof volg uit die aanhoor van die boodskap. En die aanhoor van die boodskap volg uit die prediking van die Goeie Nuus wat handel oor Christus’ (Romeine 10:17). Regdeur die evangelies het mense met verskeie siektes na Jesus vir genesing gegaan. Sommige was op die rand van die dood en sommige was eintlik reeds dood. Daar was mense met sterk geloof en ander wat gesukkel het om te glo. Die sleutels tot elk van hierdie wonderwerke was: 1) Diegene wat siek was, het seker gemaak dat hulle in die teenwoordigheid van Jesus kom; 2) Hulle het sy Woord gewillig ontvang en daarop gereageer. Lees oor sommige van die wonderwerke wat Jesus verrig het: 1) Simon se skoonmoeder is van koors genees (sien Matteus 8:14-15); 2) Die opstanding van Jaïrus se dogter (sien Markus 5:21-24, 35-43); 3) Genesing van die vrou met bloedvloeiing (sien Markus 5:25-34); 4) ‘n Dowe man is genees (sien Markus 7:32-37); 5) ‘n Afgesnyde oor is herstel (sien Lukas 22:47-51); 6) 'n Blinde man kon weer sien (sien Johannes 9:1-41). Jesus het nooit vir ‘n hulpgeroep en genesing nee gesê nie: ‘…’n Groot skare het agter Hom aan gekom. Hy het al die siekes onder hulle gesond gemaak’ (Matteus 12:15). Wat Hy vir hulle gedoen het, kan Hy vir jou ook doen, wanneer jy bid en sy Woord glo.
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Sep 2026

“Confess your faults one to another.” James 5:16 KJV Admit your shortcomings It seems that everywhere you turn today, somebody is making an excuse for his or her poor choices, performance, or behaviour, or failing to admit a weakness or shortcoming. Yet we all make mistakes. One of the best…
17 Aug 1 min

Woord vir Vandag - 30 Sep 2026

“Daarom moet julle julle sondes teenoor mekaar bely…” Jakobus 5:16 NLV Erken jou tekortkominge Dit voel of daar vandag om elke hoek en draai iemand is wat ‘n verskoning vir sy of haar swak keuses, prestasie of gedrag maak, of versuim om hul swakhede of tekortkominge te erken. Tog maak…
17 Aug 2 min

Word for Today - 29 Sep 2026

“He then turned away to someone else.” 1 Samuel 17:30 NIV How to deal with discouragers The first person who tried to discourage David from fighting Goliath was his own brother. “Eliab…burned with anger at him and asked, ‘Why have you come down here? And with whom did you leave…
17 Aug 1 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2026

“Hy gaan toe na iemand anders toe…” 1 Samuel 17:30 NLV Hoe om ontmoedigende mense te hanteer Die eerste persoon wat Dawid probeer ontmoedig het om teen Goliat te veg, was sy eie broer. ‘Maar Dawid se oudste broer het gehoor hoe hy met die manskappe praat en het kwaad…
17 Aug 2 min

Word for Today - 28 Sep 2026

“We know that in everything God works for the good of those who love him.” Romans 8:28 NCV God is working on your behalf The Bible begins with these words: “In the beginning God created the sky and the earth. The earth was empty and had no form. Darkness covered…
17 Aug 1 min