Woord vir Vandag - 23 Julie 2026

Loading player...
“My opdrag aan jou is dat jy sterk en dapper moet wees…” Josua 1:9 NLV
Oorwin vrees
Toe God vir Josua gesê het: ‘My opdrag aan jou is dat jy sterk en dapper moet wees…’ het die woord ‘wees’ eintlik beteken dat Josua dapper moet ‘word.’ Dapperheid is ’n eienskap waaraan jy moet werk. Josua was reeds in die Beloofde Land. Hy het geweet dat daar sewe nasies was wat verower moes word. Hy was deeglik bewus van die probleme wat hy sou moes trotseer. Dus het God gesê: 1) ‘Nee, moenie vir daardie nasies bang wees nie, want die Here jou God is by jou en Hy is ‘n groot en ontsagwekkende God’ (Deuteronomium 7:21 NLV). Die taak wat jy op die punt staan om aan te pak, lyk dalk meer soos ’n slagveld as ‘n piekniek, maar God sal by jou wees. Hy sal jou oplossings vir die probleme en krag vir die gevegte gee. 2) ‘Die Here jou God sal daardie nasies een vir een voor jou uit verdryf…’ (Deuteronomium 7:22 NLV). God sal voor jou uitgaan en alles reël. Hy sal jou help om die regte kontakte te maak en jou van die nodige hulpbronne voorsien. 3) ‘Die Here jou God sal daardie nasies een vir een voor jou uit verdryf. Jy sal hulle nie sommer almal eensklaps kan verdryf nie…’ (vers 22 NLV). God werk aan een area op ’n slag in ons. Die lewe is nie een groot stryd nie; dis ‘n reeks klein, daaglikse gevegte wat nodig is om die vyande wat in jou pad staan, te verslaan. Drie-en-twintig hoofstukke later sê God steeds vir Israel om dapper te wees. Dapperheid is soos suurstof; jy kan nie daarsonder oorleef nie. Dis nie die afwesigheid van vrees nie; dis die oorwinning daarvan. Dapperheid beteken om in vrees op te tree, totdat jy jou vrees oorwin.
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Sep 2026

“Confess your faults one to another.” James 5:16 KJV Admit your shortcomings It seems that everywhere you turn today, somebody is making an excuse for his or her poor choices, performance, or behaviour, or failing to admit a weakness or shortcoming. Yet we all make mistakes. One of the best…
17 Aug 1 min

Woord vir Vandag - 30 Sep 2026

“Daarom moet julle julle sondes teenoor mekaar bely…” Jakobus 5:16 NLV Erken jou tekortkominge Dit voel of daar vandag om elke hoek en draai iemand is wat ‘n verskoning vir sy of haar swak keuses, prestasie of gedrag maak, of versuim om hul swakhede of tekortkominge te erken. Tog maak…
17 Aug 2 min

Word for Today - 29 Sep 2026

“He then turned away to someone else.” 1 Samuel 17:30 NIV How to deal with discouragers The first person who tried to discourage David from fighting Goliath was his own brother. “Eliab…burned with anger at him and asked, ‘Why have you come down here? And with whom did you leave…
17 Aug 1 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2026

“Hy gaan toe na iemand anders toe…” 1 Samuel 17:30 NLV Hoe om ontmoedigende mense te hanteer Die eerste persoon wat Dawid probeer ontmoedig het om teen Goliat te veg, was sy eie broer. ‘Maar Dawid se oudste broer het gehoor hoe hy met die manskappe praat en het kwaad…
17 Aug 2 min

Word for Today - 28 Sep 2026

“We know that in everything God works for the good of those who love him.” Romans 8:28 NCV God is working on your behalf The Bible begins with these words: “In the beginning God created the sky and the earth. The earth was empty and had no form. Darkness covered…
17 Aug 1 min