Woord vir Vandag - 5 Julie 2026

Loading player...
“Tevergeefs werk jy so hard, van vroegoggend tot laatnag… vir hulle wat Hy liefhet, gee Hy dit in hulle slaap.” Psalm 127:2 NLV
Hoe om ‘n goeie dag te hê
In die Westerse kultuur dink ons dat ‘n dag begin wanneer die son opkom. Die Bybel sê egter: ‘…Dit het aand geword en dit het môre geword. Dit was die eerste dag’ (Genesis 1:5 AFR53). Elke dag begin met die aand. Die skrywer, Eugene Peterson, het opgemerk dat die Bybel op hierdie manier ons help om te onthou: ‘Alles hang nie van my af nie. Ek gaan slaap; God gaan werk. Dis sy dag. Die wêreld hou aan draai, die getye eb en vloei en lewens begin en eindig, selfs al is ek nie daar om enige iets daarvan te bewaak nie. God is teenwoordig wanneer ek slaap.’ Dus het die Psalmdigter geskryf: ‘Tevergeefs werk jy so hard, van vroegoggend tot laatnag, soos jy swoeg om te bestaan, maar vir hulle wat Hy liefhet, gee Hy dit in hulle slaap’ (Psalm 127:2 NLV). Daar word beraam dat daar in Amerika 24 000 mense jaarliks in motorongelukke, wat deur slaapgebrek en moegheid veroorsaak word, sterf. Gebrek aan slaap veroorsaak dat mense met hul eggenote en vriende stry, minder goeie werk lewer, minder liefdevol en meer geïrriteerd met kinders en geliefdes is en oor die algemeen ellendig voel. Hoe kan jy dus ‘n ‘goeie dag’ hê? Voordat jy gaan slaap, neem ‘n paar minute om jou dag met God te hersien. Probeer om enige huishoudelike konflikte voor slaaptyd op te los. Paulus het geskryf: ‘…Moenie tot die aand toe kwaad bly, en die duiwel so ‘n houvas gee nie’ (Efesiërs 4:26-27 NLV). Bely enige sonde wat by jou opkom en vra vergifnis daarvoor. Neem die tyd om aan die oomblikke wat jy seën ervaar het, te dink en daarvoor dankie te sê. Gee God met ander woorde die laaste sê in jou dag.
25 Jun English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Sep 2026

“Confess your faults one to another.” James 5:16 KJV Admit your shortcomings It seems that everywhere you turn today, somebody is making an excuse for his or her poor choices, performance, or behaviour, or failing to admit a weakness or shortcoming. Yet we all make mistakes. One of the best…
17 Aug 1 min

Woord vir Vandag - 30 Sep 2026

“Daarom moet julle julle sondes teenoor mekaar bely…” Jakobus 5:16 NLV Erken jou tekortkominge Dit voel of daar vandag om elke hoek en draai iemand is wat ‘n verskoning vir sy of haar swak keuses, prestasie of gedrag maak, of versuim om hul swakhede of tekortkominge te erken. Tog maak…
17 Aug 2 min

Word for Today - 29 Sep 2026

“He then turned away to someone else.” 1 Samuel 17:30 NIV How to deal with discouragers The first person who tried to discourage David from fighting Goliath was his own brother. “Eliab…burned with anger at him and asked, ‘Why have you come down here? And with whom did you leave…
17 Aug 1 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2026

“Hy gaan toe na iemand anders toe…” 1 Samuel 17:30 NLV Hoe om ontmoedigende mense te hanteer Die eerste persoon wat Dawid probeer ontmoedig het om teen Goliat te veg, was sy eie broer. ‘Maar Dawid se oudste broer het gehoor hoe hy met die manskappe praat en het kwaad…
17 Aug 2 min

Word for Today - 28 Sep 2026

“We know that in everything God works for the good of those who love him.” Romans 8:28 NCV God is working on your behalf The Bible begins with these words: “In the beginning God created the sky and the earth. The earth was empty and had no form. Darkness covered…
17 Aug 1 min