Kollig episode 62 | Waarom moes Jesus weggaan? - Gesprek met dr Coenie Burger oor Hemelvaart

Loading player...
In Handelinge 1 lees ons Jesus het 40 dae na sy opstanding voor sy dissipels se oë in ’n wolk weggeraak. In hierdie episode van Kerkbode Kollig gesels Heléne Meissenheimer met die teoloog en skrywer dr Coenie Burger oor Hemelvaart.

Burger is die skrywer van verskeie boeke oor Jesus se lewe, onder meer ‘Waar is Jesus nou?’. Ook ‘Ons wil Jesus sien’ saam met prof. Marius Nel. In hierdie gesprek gesels ons oor die betekenis van hierdie bekende Bybelse gebeurtenis net voor Pinkster op die kerkkalender.
Chapters
  • 00:18 Wat het gebeur toe Jesus in ’n wolk verdwyn het?
  • 05:28 Waar is die hemel?
  • 07:20 Dis jammer dat ons Pinkster afskeep.
  • 09:30 Waar is Jesus nou?
  • 10:10 Drie betekenisse van hemelvaart.
  • 19:10 Hoekom het Jesus nie alles met sy eerste koms klaargemaak nie?
14 May Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Podsendings : Oor die vertel van stories in klank

Wat moet ek weet as ek ’n idee het vir ’n podcast show? So drie jaar terug het KaapKerk in samewerking met Kerkbode die Klank Kompas-platform geloods as ’n toeganklike tuiste vir geloofsinhoud in klank. In hierdie episode gesels DJ Muller (KaapKerk) en Heléne Meissenheimer (Kerkbode) ondermeer oor wat hulle…
18 Nov 48 min

Kollig episode 67 | Hoe help die Enneagram my as dominee?

’n Wye verskeidenheid hulpmiddels is in die domein van selfkennisprogramme beskikbaar. Die Enneagram, ’n persoonlikheidstipe-model met antieke oorsprong, wek die afgelope klompie jare toenemend belangstelling. Ook onder predikante. Ds Maartje van der Westhuizen is een van talle wat opgelei is om die Enneagrammodel aan te bied. Sy en twee deelnemers…
11 Sep 29 min

Kollig episode 66 | Wat is die 2026 PredikanteSAAMkoms (en wat is dit nie)?

Meer as 100 predikante is betrokke by die 2026 PredikanteSAAMkoms. Dié geleentheid, beplan vir einde Augustus, gaan deur honderde NG predikante van regoor Suid-Afrika bygewoon word. Waarom is so ’n massasaamkoms nodig – en hoe hoop die organiseerders sal dit predikante én hulle gemeentes kan versterk en bedien? Vir hierdie…
3 Aug 21 min