Op die spoor van die Stasiemoordenaar deur Julian Jansen (met Heindrich Wyngaard)

Loading player...
In hierdie episode van Pagecast gesels die meningsvormer en leier van die burgerregte-organisasie Kaapse Forum Heindrich Wyngaard met die bekroonde ondersoekende joernalis en skrywer Julian Jansen oor sy nuwe boek Op die Spoor van die Stasiemoordenaar. Jansen, wat ook die skrywer is van boeke soos Moord op Stellenbosch en Die De Zalze-moorde, is bekend vir sy aangrypende, diep menslike joernalistiek en hierdie roerende gesprek het net weer bewys waarom hy bekend is daarvoor dat hy altyd die storie agter die storie gaan haal.

Van 1986 tot 1994 het die sogenaamde Stasiemoordenaar die mense van die Kaapse vlakte geterroriseer – 22 seuns en jong mans, die meeste tussen 9 en 14 jaar oud, is naby treinstasies ontvoer, seksueel aangerand en vermoor. Norman Simons is in 1995 skuldig bevind aan een van die moorde en is in 2023 op parool vrygelaat, maar steeds spook tergende vrae oor die saak. Jansen het op die spoor van die seuns en die destydse polisieondersoeke gegaan om lig te werp op hierdie donker raaisel.

"Ons moet die kind se identiteit, sy menswees onthou," sê Jansen. Agter elke naam in hierdie verhaal was 'n lewe, 'n gesin, 'n toekoms wat weggeruk is.
11 May English South Africa Books · Society & Culture

Other recent episodes

Pagecast at Franschhoek Literary Festival - Lester Kiewit in conversation with Justice Malala

Live from the Franschhoek Literary Festival Pagecast Studio, Justice Malala joins Lester Kiewit for a wide-ranging conversation on South Africa's political trajectory and the questions shaping our democracy. Justice Malala is an award-winning South African political analyst, journalist and bestselling author. He is the author of several acclaimed books, including…
16 May 14 min