Die kosbare rol van 'n ma

Loading player...
Madeleine gesels met Jozine Botha oor die kosbare rol van ’n ma. Jozine is self ’n ma van vier pragtige kinders.
Tenspyte daarvan dat sy voltyds in die bediening staan as pastoor en berader, jaag sy steeds haar drome na, en verlede jaar is haar debuutroman, Die jare tussen ons, deur LUCA Uitgewers uitgegee.
Jozine gesels met ons oor die rol van die moderne ma, hoe om al die balle in die lug te hou, watter algemene uitdagings werkende ma’s ondervind, en waarom dit belangrik is vir ’n ma om steeds haar drome na te jaag.
Madeleine lees ook verder voor uit Al Psalmend deur CLF Uitgewers.
8 May Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Jou wierookoffer

Billy Graham het gesê dat ware gebed nie net iets is wat jy in noodgevalle gebruik nie, maar dat dit eerder ’n lewenswyse behoort te wees. Maak ’n gewoonte daarvan, en wanneer ’n noodgeval wel opduik, sal jy reeds in oefening wees om te bid. Soms het ons egter so…
23 Oct 28 min

Spesiaal geskape

Carla Cronjé en haar man het vier pragtige kinders, waarvan die jongste, Matthys, met Downsindroom en outisme gediagnoseer is. In haar onderhoud met Madeleine, deel Carla waarom Matthys spesiaal is, en watter groot geskenk die outisme-bystandhond, Farrel, vir Matthys en hulle as ’n gesin is. Madeleine kyk ook na wat…
16 Oct 29 min

Galasiërs vir jou reis

Madeleine kyk in diepte na die brief wat Paulus aan die Galasiërs geskryf het en hoe jy dit op jou Christen Reis kan toepas. Sy fokus veral op die Vrug van die Gees en bespreek elk van die nege eienskappe van ’n Geesvervulde lewe breedvoerig.
9 Oct 31 min

Hy troos jou

Dr. Heidi Trollip, senior dosent by ’n bekende universiteit in Pretoria, weet sonder twyfel dat die Here van die begin af elke tree van haar pad met kanker teenwoordig was. Sy deel haar getuienis met luisteraars, en vertel ook van die besonderse beeld wat die Here haar gewys het as…
2 Oct 30 min

Vier die klein prestasies

Rozette Rogers en haar man het lank gebid vir nog ’n kind. Tien jaar ná die geboorte van hul eersteling is hul gebede uiteindelik verhoor en is klein Johnny gebore. Dit was egter nie ’n maklike pad tot hier nie, en skaars ’n maand gelede het ’n byna-verdrinking boonop die…
25 Sep 29 min