Woord vir Vandag - 30 Mei 2026

Loading player...
“Hy praat deur drome en visioene, in die nag wanneer mense diep slaap.” Job 33:15 NLV
Vra God vir ‘n droom
Die patriarg Job het gesê: ‘Maar God praat op verskillende maniere. Ons kom dit net nie agter nie. Hy praat deur drome en visioene, in die nag wanneer mense diep slaap’ (Job 33:14-15 NLV). ‘n Droom kan ‘n belangrike boodskap van God of ‘n antwoord op jou gebed wees. God het vir Paulus ‘n droom gegee waarin ‘n man van Masedonië aan hom verskyn en gesê het: ‘…Kom oor na Masedonië toe en help ons’ (Handelinge 16:9 NLV). Paulus het daarheen gegaan en die evangelie verkondig. Salomo se heerskappy as koning van Israel begin met hierdie woorde: ‘Daardie nag het die Here in Gibeon in ‘n droom aan Salomo verskyn en God het gesê: ‘Wat wil jy hê? Vra, en Ek sal dit vir jou gee!’’ (1 Konings 3:5 NLV). Salomo het God vir groot wysheid gevra en God het hom wysheid, eer en rykdom gegee. Praat God vandag nog in drome met ons? Ja. Hy sê: ‘Ek is die Here, Ek verander nie…’ (Maleagi 3:6 NLV). Die Hebreeuse woord vir droom is ‘chalom.’ Dit het vyf betekenisse: 1) ‘Om stewig te bind.’ Jy is veilig in God se liefde toegdraai. (2) ‘Om mollig te wees of te word.’ In die Bybel is vetheid of molligheid ‘n beeld van gesondheid, welstand en voorspoed. (3) ‘‘n Gevoel van onkunde.’ Wanneer God jou ‘n droom gee, deel Hy inligting met jou oor dinge waarvan jy onkundig is. (4) ‘Om in voorkeur te wees.’ Wanneer God jou ‘n droom gee, betoon Hy guns aan jou. (5) ‘Om te herstel.’ Wanneer God jou ‘n droom gee, werk Hy daaraan om dit wat jy verloor het, te herstel. Vra dus vir God vir ‘n droom.
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Sep 2026

“Confess your faults one to another.” James 5:16 KJV Admit your shortcomings It seems that everywhere you turn today, somebody is making an excuse for his or her poor choices, performance, or behaviour, or failing to admit a weakness or shortcoming. Yet we all make mistakes. One of the best…
17 Aug 1 min

Woord vir Vandag - 30 Sep 2026

“Daarom moet julle julle sondes teenoor mekaar bely…” Jakobus 5:16 NLV Erken jou tekortkominge Dit voel of daar vandag om elke hoek en draai iemand is wat ‘n verskoning vir sy of haar swak keuses, prestasie of gedrag maak, of versuim om hul swakhede of tekortkominge te erken. Tog maak…
17 Aug 2 min

Word for Today - 29 Sep 2026

“He then turned away to someone else.” 1 Samuel 17:30 NIV How to deal with discouragers The first person who tried to discourage David from fighting Goliath was his own brother. “Eliab…burned with anger at him and asked, ‘Why have you come down here? And with whom did you leave…
17 Aug 1 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2026

“Hy gaan toe na iemand anders toe…” 1 Samuel 17:30 NLV Hoe om ontmoedigende mense te hanteer Die eerste persoon wat Dawid probeer ontmoedig het om teen Goliat te veg, was sy eie broer. ‘Maar Dawid se oudste broer het gehoor hoe hy met die manskappe praat en het kwaad…
17 Aug 2 min

Word for Today - 28 Sep 2026

“We know that in everything God works for the good of those who love him.” Romans 8:28 NCV God is working on your behalf The Bible begins with these words: “In the beginning God created the sky and the earth. The earth was empty and had no form. Darkness covered…
17 Aug 1 min