Woord vir Vandag - 5 Mei 2026

Loading player...
“Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby…” 2 Korintiërs 4:17 AFR83
Dit gaan verby – dis nie vir ewig nie
Maak nie saak watter beproewing jy vandag deurmaak nie, herinner jouself: ‘Dit gaan verby – dis nie vir ewig nie.’ As die vervulling van die visioen wat God jou gegee het, langer neem as wat jy gedink het, herinner jouself: ‘Dit gaan nog gebeur!’ In sy biografie, God in My Corner, vertel die tweemalige wêreldswaargewigkampioen George Foreman ‘n verhaal van ‘n bejaarde vrou wat oor haar gunsteling Bybelvers uitgevra is. Sy het geantwoord: ‘Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby…’ Sy het verduidelik hoekom: ‘Ek weet dat wanneer ek deur ‘n beproewing gaan, dit nie daar is om te bly nie; dit kom – en dit gaan weer verby.’ Die ander kant van hierdie muntstuk is as volg: ‘Ek is oortuig dat God die goeie werk wat Hy in julle begin het, sal voortsit totdat Hy dit voltooi op die dag wanneer Jesus Christus terugkom’ (Filippense 1:6 NLV). Met ander woorde, Hy sal die slegte tye laat verbygaan en dit in vreugde laat eindig! God voltooi altyd wat Hy begin. ‘Die dinge wat Ek beplan, gaan nie nou dadelik gebeur nie. Stadig maar seker breek die tyd aan wanneer die visioen waar sal word…’ (Habakuk 2:3 NLV). Terwyl hy teen ‘n lewensgevaarlike siekte gestry het en sy vyande sy troon wou oorneem, het Dawid hom tot die Here vir hulp gewend. God het hom nie teleurgestel nie. Lees hierdie twee Skrifgedeeltes en staan daarop: ‘…In die nag vloei die trane, maar in die oggend is daar vreugde’ (Psalm 30:6 NLV). ‘U het my droefheid verander in ‘n dans van vreugde. U het my rouklere weggeneem en my met vreugde geklee. Daarom sal ek sing tot u eer en nie swyg nie. Here my God, ek sal U dank vir altyd’ (Psalm 30:12-13 NLV).
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Sep 2026

“Confess your faults one to another.” James 5:16 KJV Admit your shortcomings It seems that everywhere you turn today, somebody is making an excuse for his or her poor choices, performance, or behaviour, or failing to admit a weakness or shortcoming. Yet we all make mistakes. One of the best…
17 Aug 1 min

Woord vir Vandag - 30 Sep 2026

“Daarom moet julle julle sondes teenoor mekaar bely…” Jakobus 5:16 NLV Erken jou tekortkominge Dit voel of daar vandag om elke hoek en draai iemand is wat ‘n verskoning vir sy of haar swak keuses, prestasie of gedrag maak, of versuim om hul swakhede of tekortkominge te erken. Tog maak…
17 Aug 2 min

Word for Today - 29 Sep 2026

“He then turned away to someone else.” 1 Samuel 17:30 NIV How to deal with discouragers The first person who tried to discourage David from fighting Goliath was his own brother. “Eliab…burned with anger at him and asked, ‘Why have you come down here? And with whom did you leave…
17 Aug 1 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2026

“Hy gaan toe na iemand anders toe…” 1 Samuel 17:30 NLV Hoe om ontmoedigende mense te hanteer Die eerste persoon wat Dawid probeer ontmoedig het om teen Goliat te veg, was sy eie broer. ‘Maar Dawid se oudste broer het gehoor hoe hy met die manskappe praat en het kwaad…
17 Aug 2 min

Word for Today - 28 Sep 2026

“We know that in everything God works for the good of those who love him.” Romans 8:28 NCV God is working on your behalf The Bible begins with these words: “In the beginning God created the sky and the earth. The earth was empty and had no form. Darkness covered…
17 Aug 1 min