Woord vir Vandag - 4 Mei 2026

Loading player...
“Gee my tog die vermoë om met verstandigheid en regverdigheid oor u volk te regeer…” 1 Konings 3:9 NLV
Vertrouelinge, ondersteuners, kamerade
Byna alle sleutelverhoudings in jou lewe kan in drie kategorieë verdeel word: vertrouelinge, ondersteuners en kamerade. Kom ons kyk na elkeen. 1) Vertrouelinge. Dit is die mense wie se verhoudings met jou lewenslank duur. Hulle is onvoorwaardelik lief vir jou, staan by jou en staan agter jou, in goeie en slegte tye. Jou beste belang is hul nommer een prioriteit. Hulle probeer nooit om wat hulle van jou weet vir hul eie gewin te gebruik, of jou geheime in jou gesig terug te gooi nie. Paulus het aangaande Timoteus gesê: ‘Timoteus is immers die enigste persoon wat met dieselfde opregte gesindheid as ek aandag sal gee aan julle belange. Al die ander soek net hulle eie belang en nie dit wat vir Jesus Christus saak maak nie. Julle weet egter hoe Timoteus homself bewys het…’ (Filippense 2:20-22 NLV). 2) Ondersteuners. Hierdie mense deel dieselfde doelwitte, waardes en beginsels as jy, maar hulle is nie altyd daar vir jou nie. Dis egter belangrik om ondersteuners in jou lewe te hê. Hulle dra energie, passie en entoesiasme by. Jy kan saam met hulle werk om gemeenskaplike doelwitte te bereik en brûe te bou. Maak net seker dat jy nie verwag dat ondersteuners dieselfde lojaliteit as vertrouelinge sal hê nie. Hulle is vir ‘n rede en ‘n seisoen by jou betrokke en dan beweeg hulle aan. 3) Kamerade. Dit is die mense wat as gevolg van ‘n gemeenskaplike saak tot jou aangetrokke is. Hulle leer jou dalk nie ken nie, of hou dalk nie van jou nie, maar op die slagveld sluit hulle by jou aan om ‘n gemeenskaplike vyand te verslaan. Sodra die geveg verby is, eindig die verhouding of dit koel ten minste af. Jou enigste band is jou gemeenskaplike vyand. Leer dus die mense wat in jou lewe is ken: vertrouelinge, ondersteuners en kamerade.
22 Apr English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Sep 2026

“Confess your faults one to another.” James 5:16 KJV Admit your shortcomings It seems that everywhere you turn today, somebody is making an excuse for his or her poor choices, performance, or behaviour, or failing to admit a weakness or shortcoming. Yet we all make mistakes. One of the best…
17 Aug 1 min

Woord vir Vandag - 30 Sep 2026

“Daarom moet julle julle sondes teenoor mekaar bely…” Jakobus 5:16 NLV Erken jou tekortkominge Dit voel of daar vandag om elke hoek en draai iemand is wat ‘n verskoning vir sy of haar swak keuses, prestasie of gedrag maak, of versuim om hul swakhede of tekortkominge te erken. Tog maak…
17 Aug 2 min

Word for Today - 29 Sep 2026

“He then turned away to someone else.” 1 Samuel 17:30 NIV How to deal with discouragers The first person who tried to discourage David from fighting Goliath was his own brother. “Eliab…burned with anger at him and asked, ‘Why have you come down here? And with whom did you leave…
17 Aug 1 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2026

“Hy gaan toe na iemand anders toe…” 1 Samuel 17:30 NLV Hoe om ontmoedigende mense te hanteer Die eerste persoon wat Dawid probeer ontmoedig het om teen Goliat te veg, was sy eie broer. ‘Maar Dawid se oudste broer het gehoor hoe hy met die manskappe praat en het kwaad…
17 Aug 2 min

Word for Today - 28 Sep 2026

“We know that in everything God works for the good of those who love him.” Romans 8:28 NCV God is working on your behalf The Bible begins with these words: “In the beginning God created the sky and the earth. The earth was empty and had no form. Darkness covered…
17 Aug 1 min