Woord vir Vandag - 27 April 2026
Loading player...
“…’Ja, Here, u dienaar luister.’ Die Here sê vir Samuel…” 1 Samuel 3:10-11 NLV
Leer om na God te luister
As jy ernstig daaroor is om ‘n werklik interaktiewe verhouding met die Here, waarin julle met mekaar praat en van mekaar hoor, te hê, sal jy kwaliteit, ononderbroke tyd met Hom moet bestee om jou hart vir Hom oop te maak. Toe Samuel uiteindelik gebid het: ‘Ja, Here, u dienaar luister,’ sê die Bybel dat die Here vir Samuel geantwoord het. Dikwels is ons gebed eerder: ‘Luister, Here, want u dienaar spreek.’ Om na God te luister kan ‘n verskeidenheid praktyke behels: om sy Woord te lees, tyd alleen en in stilte in sy teenwoordigheid deur te bring en van God te hoor, net soos ‘n ervare vriend wat jy vertrou. Hier is ‘n voorbeeld daarvan: ‘Toe hulle buite die dorp kom, sê Samuel vir hom: ‘Gee die jong man opdrag om vooruit te loop, maar jy moet hier bly staan, want ek het ‘n boodskap van God vir jou’’ (1 Samuel 9:27 NLV). Een van die effektiefste maniere om van God te hoor, is deur oor sy Woord te mediteer. Jy sê: ‘Maar ek weet nie hoe om te mediteer nie.’ As jy weet hoe om jou te bekommer, weet jy hoe om te mediteer. In beide bekommernis en meditasie word jou gedagtes en fokus op ‘n sekere ding geplaas. Wanneer jy oor God se Woord mediteer, fokus jy jou gedagtes op die regte ding! God het vir Josua gesê: ‘Hou hierdie wetboek altyd by jou. Dink dag en nag daaroor na sodat jy alles kan doen wat daarin geskryf is. Jy sal dan sukses behaal op jou pad. Jy sal voorspoedig wees’ (Josua 1:8 NLV).