Grondpad na jou kroon

Loading player...
“Soms is jou grondpad wat maak dat jy by die regte bestemming uitkom.” So getuig Andrea Raaths Duarté, Mev SA 2026 semi-finalis. Sy deel met ons hoe haar ondervinding as vroue tydren-deelnemer vir Motorsport Suid-Afrika haar voorberei het vir haar rol as semi-finalis. Ook haar opinie oor geslagsgeweld, en wat sy bedoel met haar motto: “Purpose over performance”.
Ek lees verder voort uit die boek Al Psalmend, deur Ronell Bezuidenhout, uitgegee deur CLF-uitgewers.
20 Mar Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Sielvolle verhale

Het jy geweet dat daar Christelike fiksie in Afrikaans is? Ons het uitgewers in Suid-Afrika wat ’n baie hoë standaard handhaaf om seker te maak dat jy top gehalte Christelike fiksie in jou hartstaal kan lees. Madeleine gesels met twee welbekende skrywers, Malene Breytenbach en Madelie Human, oor hulle nuwe…
29 May 56 min

Rehabilitasie verg spanwerk

Dr. Michiel v.d. Merwe is ’n berader by Castle Carey Rehabilitasiesentrum (‘n sentrum vir substansie-afhanklikes) en is ook deeltyds by ’n seniorbediening as predikant betrokke. Na 25 jaar as voltydse predikant, en 12 jaar as uitvoerende hoof van ’n rehabilitasiesentrum, weet hy watter belangrike rol gesin- en gemeenskapsprobleme in substansie-afhanklikheid…
15 May 1 hr 18 min

Die kosbare rol van 'n ma

Madeleine gesels met Jozine Botha oor die kosbare rol van ’n ma. Jozine is self ’n ma van vier pragtige kinders. Tenspyte daarvan dat sy voltyds in die bediening staan as pastoor en berader, jaag sy steeds haar drome na, en verlede jaar is haar debuutroman, Die jare tussen ons,…
8 May 1 hr 07 min

Hou kop bo water

Christene word nie vrygespreek van probleme nie. Net soos elke ander mens op Aarde, bevind ons onsself soms in die lewe se storms. As kind van God hoef jy egter nie moedeloos te raak en op te gee nie. Madeleine deel vyf beloftes uit die Woord waaraan jy kan vashou,…
30 Apr 49 min

Verlos uit die mag van verslawing. Gebreek. Genees. Vrygemaak.

Wanneer dwelmverslawing lewens verwoes, is dit baie moeilik om lig aan die einde van die tonnel te sien. Selfs wanneer rehabilitasie plaasvind, is daar op die pad vorentoe soveel uitdagings, dat baie mense moed opgee en weer terugval in die greep van verslawing. Daar is egter hoop. Landi-Lee en Arie…
25 Apr 1 hr 16 min